Woord van die Week
kwispel ww., gekwispel; byv. en bw. kwispelend,kwispelende. Die stert of 'n gedeelte daarvan heen en weer beweeg — gew. gesê i.v.m. 'n hond as uiting van blydskap, toegeneentheid of om guns te soek, en soms ook i.v.m. sekere ander diere as teken onder andere van gespannenheid, opgewondenheid, soms vreugde (vgl. PIETS): Het die hond nie miskien sy stert gekwispel nie toe hy my naam hoor? Hy het mos baie van my gehou (E.A. Schlengemann: V. d. Walts, 1932, 51). Hier vlak voor hulle lê die koning van die diere en kwispel met sy stert (R.J. Labuschagne: Krugerwildtuin, 1958, 100). Die hond kom kwispelend na hulle toe aan (I.D. du Plessis: Java, 1942, 92). Die bok se stertjie kwispel ywerig soos hy die hoër takke probeer bykom (A.M. Louw: Perdepoort, 1975, 142).
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
www.wat.co.za
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
www.wat.co.za
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie