Woord van die Week
Woord van die Week

Woord van die Week

noenmaal s.nw. Deftige middagete, gew. as wyse van onthaal; ook soms, gewone middagete: Op 'n noenmaal onthaal, trakteer, vergas.

noenontbyt s.nw. Laatontbyt: Die modevertoning is voorafgegaan deur 'n noenontbyt met vonkelwyn (Paratus, Des. 1986, 49).

laatontbyt s.nw. Maaltyd wat laat in die oggend geëet word as 'n kombinasie van ontbyt en middagete; sin. noenbyt, noenontbyt: 'n Laatontbyt word by die Administrateurswoning gehou ten bate van Uskor (Die Burger, 17 Nov. 1992, 7).

Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

www.wat.co.za

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer