Woord van die Week
mimikrie s.nw. (biologie) Verskynsel dat eetbare en niegevaarlike diere, veral insekte, in vorm, kleur of geluid ooreenkom met gevaarlike, onsmaaklike of giftige diere, of dat gevaarlike, onsmaaklike of giftige diere wat in dieselfde omgewing woon, na mekaar lyk; ook, verskynsel dat plante of diere die voorkoms van hul omgewing aanneem; sin. mimetisme (minder gebruiklik), mimiek (ongewoon), na-aping (ongewoon), nabootsing (ongewoon): Die gewone eiervreter se kleurpatroon stem opvallend ooreen met dié van sekere giftige slange. In alle waarskynlikheid 'n geval van mimikrie (Ensiklopedie van die Wêreld 3, 1972, 665). Mimikrie het altyd 'n beskermende werking. Die Lithops is baie goed gekamoefleer. Daarom is dit ook so moeilik om hierdie plante in die veld te vind (Transvaler, 20 Febr. 1965, 7).
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
www.wat.co.za
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
www.wat.co.za
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie