Woord van die week
Woord van die week

Woord van die week

Sanet de Waal
straatgans (straat-gans) s.nw., straatganse. (skertsend) Voetganger wat in stryd met verkeersreëls strate oorsteek waar daar geen voetoorgang is nie of wat verkeersligte wat tydelike voorrang gee vir voertuie, ignoreer; sin. bontloper: Moenie ’n ander voetganger volg sonder om self op die verkeersligte te let nie — u is moontlik op die hakke van ’n straatgans! (Padverkeerskode, s.j., 22). As u ’n straatgans is — die soort voetganger wat te onbedagsaam of ingedagte is om te berus by die reëls van verkeersveiligheid — loop u gevaar om ’n afspraak met die dood te hê as u die paaie bewandel (Huisgenoot, 18 Apr. 1947, 23).

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer