Woord van die week
nurks b.nw., nurkse. Knorrig, nors of onaangenaam: Dat hy in sy diepste wese nie nurks, ongevoelig en koud van geaardheid was nie, getuig diegene wat in noue aanraking met hom gekom het (Vaderland, 23 Mrt. 1957, 9). Die Leier van die amptelike Opposisie verkies om met 'n nurkse houding afwysend een kant te staan (Vaderland, 1 Febr. 1961, 8).
Uit Ndl. nurks (1841), 'n afleiding van die s.nw. nurk (1620) 'knorrige persoon' of van die ww. nurken (1634) 'knor, mor'. Nurken is die intensiewe vorm van norren 'knor, grom', oorspronklik klanknabootsend gevorm. Afrikaans nors is ook van norren afgelei.
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
www.wat.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie