Woord van die week
Woord van die week

Woord van die week

kattemaai’ ww., gekattemaai. Soms ook katermaai, kattermaai.

1 Uitgelate speel, plesierig wees, jolyt hou; luidrugtig te kere gaan; sinonieme rinkink, ravot, baljaar, jol, karjol, katterjak, lawaai, raas, rondjakker: Sy klein boetatjie raas en kattemaai al van hoenderkraai af dat die kloof antwoord gee (Die Huisgenoot). Met die ou eksamengeldjies wat ek vanjaar ontvang het, sou ek darem in staat gewees het om aan een of ander strand 'n veertien dae lank te gaan kattemaai (Boerneef).

2 (ongewoon) Vry: As iemand flerrierig was, dan het ons 'n bietjie geflankeer en gekattemaai met haar. Opgeteken in Nieuwoudtville en Victoria-Wes.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer