Woord van die week
Ramadan s.nw. Ook Ramadaan. (‹Arabies ramadan, "die warm maand'")
Negende maand van die maanjaar by Islam wat as die heiligste periode beskou word, waartydens die Koranniese openbaringe herdenk word en algemene onthouding en suiwerheid van woord en daad nagestreef word, en wat veral gekenmerk word deur 'n streng vasperiode van sonsopkoms tot sonsondergang: Elke gelowige word verplig om gedurende die maand Ramadan te vas (E. Kotzé in A.J.L. Sinclair: G.S. Nienaber, 1983, 308). Palestyne het op die vierde Vrydag van die Moslems se vasmaand, Ramadan, in die Rotskoepel-moskeekompleks bymekaargekom (Volksblad, 6 Nov. 2004, 2).
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaans Taal (WAT)
www.wat.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie