WOORD VAN DIE WEEK

kapoen: 1 Hoenderhaan wat gekastreer is om groei aan te moedig en die vleisgehalte te verbeter: Kapoene is rustig, kraai nie meer nie en is nie meer veglustig soos ander hane nie. ~ Die kapoen / Wat op die tong versmelt, die neus verruk (Toon van den Heever).

2 Niksnuts: Die klein kapoen het nooit sy bed opgemaak nie. Gaan kyk wat maak die klein kapoen.

Ek vertrou nie die stilte nie (Opgeteken in Upington en Victoria-Wes).





Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer