Woord vir woord ’n fees!

Ronelle Rademeyer
Vanjaar se bielie van ‘n miniwoordfees in Windhoek is die vyfde Windhoek Woordfees.

Dit vind plaas van 26 tot 29 Julie en beloof om weer eens ‘n kragtoer van woorde te wees.

“Arikaans gaan weer met skaterlag, maar ook aktueel en ernstig, besing, beskryf en bepraat word. Ons bied al om die tweede jaar ‘n minifees aan en hoewel vanjaar se fees oor net vier dae strek, is die program pure dinamiet,” sê dr. Chrisna Beuke-Muir, voorsitter van die fees.

“’n Groot opgewondheid is dat die gevierde skrywers Marita van der Vyver en Chanette Paul ekstra kleur en woema aan ons Skrywersgesprekke gaan verleen. Saam met hulle tree die jeugverhaalskrywer Dihanna Taute en manuskripontwikkelaar Madri Victor op om hart en siel binneste-buite te dop oor die skryfproses en hul nuutste publikasies,” vertel sy.

In die Filosofiegesprek gaan saam met die mediakenner, prof. Herman Wasserman, geredekawel word oor die vuurwarm onderwerp #Fopnuus. Van Trump in die VSA tot Guptagate in Suid-Afrika. . . Die verskynsel van #Fopnuus is ‘n werklikheid en die impak daarvan ‘n nare gedoente.

Die aktualiteitsgesprek hieroor is deel van Republikein, mediaborg van die fees, se veertigste verjaardagvieringe. Die Namibiese akademikus, prof. André du Pisani, sal die gesprekleier wees, terwyl Republikein se redakteur, Dani Booysen, saam sal gesels oor plaaslike voorbeelde van fopnuus, of “fake news”.

In Musiek & Liriek sing Sanet Lambrechts op koers van Henriëtte van Wyk se digbundel, Padhaikoes uit Namibië. Dit is ‘n plaaslike woord-en-lied-produksie, vertel Beuke-Muir.

Die splinternuwe Namibiese skrywer, Lloyd Zandberg, voer gedeeltes van sy werk op in die skreeusnaakse Satires en ander Skandes – ‘n produksie wat hy as ‘n “skreeusnaakse proespas” beskryf.

Storievuur, Windhoek Woordfees se spogprogram sedert die heel eerste fees in 2013, gaan weer die plek wees waar Afrikaans met kostelikste stories gevier word.

Vanjaar se program word opgedra aan Namibië se eie legendariese storieverteller, wyle dr. Jan Spies.

Hy was Republikein se stigtersredakteur, maar ook ‘n gevierde skrywer en destyds mede-aanbieder van die televisieprogram Spies en Plessie – met permissie, saam met die skrywer P.G. du Plessis, wat verlede maand oorlede is.

Onder die bekwame storiemeestershand van Piet Heyns gaan Barend Spies, wat net so ‘n voortreflike storieverteller soos sy oorlede pa is, saam met Dawie Prinsloo en Mario van Wyk die gehoor vermaak.

Dié aand vorm ook deel van Republikein se 2017-herdenkingsverrigtinge.

Met die uitsondering van Storievuur word al die items op die program by Maerua Rooftop aangebied. Dit is by die noordoostelike ingang na Maerua Mall (waar Stuttafords is) geleë.

Daar sal aanwysingsborde in die parkeergarage, sowel as by die hysbakke op die grondvloer wees.

Storievuur word by die Gondwana Shebeen by Windhoek se skougronde aangebied.

Kaartjies is aanlyn by www.staytoday.com.na/events beskikbaar en sal ook by die deure verkoop word.

KASSIE

Satires en ander Skandes

Wanneer: Woensdag, 26 Julie

Venue: Maerua Rooftop, oostelike ingang van Maerua Mall

Tyd: 18:00 – 19:00

Koste: N$100

Kontantkroeg; verversings word bedien.



Musiek & Liriek

Wanneer: Donderdag, 27 Julie

Venue: Maerua Rooftop, oostelike ingang van Maerua Mall

Tyd: 18:00 – 19:00

Koste: N$100

Kontantkroeg; verversings word bedien.



Filosofiegesprek: #Fopnuus

Wanneer: Vrydag, 28 Julie

Venue: Maerua Rooftop, oostelike ingang van Maerua Mall

Tyd: 18:00 – 19:30

Koste: N$100

Kontantkroeg; verversings word bedien.



Skrywers in Gesprek

Wanneer: Saterdag, 29 Julie

Venue: Maerua Rooftop, oostelike ingang van Maerua Mall

Tyd: 09:00 – 12:45

Koste: N$150

Koffie, tee en verversings word bedien.

Dihanna Taute (09:00 – 09:45)

Chanette Paul (10:00 – 10:45)

Marita van der Vyver (11:00 – 11:45)

Madri Victor (12:00 – 12:45)



Storievuur

Wanneer: Saterdag, 29 Julie

Venue: Gondwana Shebeen by Windhoek se skougronde

Tyd: 18:00 – 19:30

Koste: N$150

Urbock, met die komplimente van NBL, en verversings word bedien. Kontantkroeg beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!