‘Woordeslet’ se wilde flankeerdery lewer trefbundel
Ronelle Rademeyer - Pieter Hugo vind sy heil in boeke. As adjunkdirekteur by die Wes-Kaapse provinsiale biblioteekdiens maak hy en sy span biblioteke “in die kleinste gehuggies” in die provinsie oop.
En as hy nie om den brode boekerye bou nie, is hy, in sy eie woorde, "'n woordeslet wat wild flankeer met kwartyn en koeplet”.
Van dié flankeerdery het daar eindelik ’n broodjie in die oond beland. En op die ouderdom van 59 is hierdie oud-Windhoeker en digter se eerste woordetelg vanjaar gebore. Sy debuutbundel, Alchemie van my muse, het pas by Naledi verskyn.
Hy was verlede week in Windhoek om dit by The Book Den bekend te stel.
Pieter het in ’n huis van woorde en boeke grootgeword. Sy pa, wyle ds. George Hugo, was destyds predikant by die NG gemeente in Khomasdal. Sy ma, Mareta, het met ’n boks boeke uit hul huis die eerste biblioteek in Khomasdal begin. Sy het tot op 85 nog Suiderhof-laerskool se biblioteek bedryf.
Pieter se ouboet is die bekroonde digter en vertaler Daniël Hugo.
“My pa was ’n woordeman. Ek het by hom geleer hoe om met die taal te speel. My liefde vir boeke kom van my ma,” vertel hy.
Sy bundel oor “die lewe, die liefde en die lettere” bestaan uit gedigte wat oor ’n leeftyd gestalte gekry het.
“As ek ’n gedig skryf, skaaf ek agterna eindeloos daaraan. My gedigte vat soos wyn maande . . . soms jare om ‘goed’ te word.”
Oor wie sy digterlike muse is, sê Pieter: “Sy is die moontlikheid van ’n goddelikheid in myself. . . Die interne alchemis wat my skrywersblok (loodstilte) in goue woorde omtower,” en blaai na die gedig “Alchemie van my muse”.
“Terwyl ek in loodstilte kwyn/Daag jy uit die bloute op/My woord-elikser/Wat drie protone laat verdwyn”
Alchemie van my muse is ’n opwindende en veelvlakkige debuut waarin pyn en humor, nostalgie en speelsheid die passies en voetvalle van sy lewensdans afwissel.
Pieter verweef op postmodernistiese wyse gesprekke met geliefde en stoere digters met sy eie Groter Gesprek. Hulle sluit NP van Wyk Louw, Boerneef, Shakespeare en die Beaufort-Wesse digter en sanger Gert Vlok Nel in.
Boerneef was sy eerste liefde, verklaar hy toe ons gesels. En vir Gert Vlok Nel het hy ’n besondere passie. Die Namibiese digter Piet van Rooyen bewonder hy veral vir sy meesterlike hantering van die liefdesgedig, sê Pieter.
“Liefdesgedigte is die moeilikste om te skryf, omdat daar soveel emosie betrokke is. Show, don’t tell . . . Dis die antwoord. En Piet, ook ’n predikantseun van Windhoek, doen dit baie goed."
Lesers kan regskuif vir ’n baie bevredigende leeservaring – een wat uitdaag, maar terselfdertyd ook mateloos behaag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie