Woordfees hou Storievuur

Elvira Hattingh
‘n Eg Namibiese Storievuur met Johannes ||Hoeseb, Oom Koos “Lekkerlag” van der Merwe en Mervin “Shorty” Beukes van Rehoboth vind ter afsluiting van vanjaar se Windhoek Woordfees op 15 Augustus by die Village Vierkant (Liliencronstraat) plaas.
Beukes is ‘n gebore Rehoboth Baster wat in ‘n huis van godsdiens en sang grootgeword het. Hy het van kleinsaf ander mense nagemaak en het sodoende in ? komediant ontwikkel. Voor hy hom kon kry, staan hy toe op ‘n verhoog om mense met grappe en kwinkslae te trakteer.
Shorty is ‘n lid van die Lag Jou Pap-komediegroep en was in 2014 die wenner van die Gondwana Collection se Okambashu Story Quest (“Okambashu” is die Oshiwambo woord vir “bymekaarkomplek”).
||Hoeseb het verskeie diplomas, onder meer ‘n hoër onderwys diploma (HOD),‘n diploma in Afrikatale met spesialisering in Khoekhoegowab asook ‘n senior bestuurderontwikkelingsdiploma van die Universiteit van Stellenbosch. Hy hou van 1983 af skool in onder meer Grootfontein, Windhoek en Tsumis Park. Tans woon hy op Keetmanshoop en sê dat hy 'n ongehude pa van 'n hele kroos kinders is, van wie sommige al hul eie potjies krap. Sy belangstellings sluit in lees, sport en rondreis om besienswaardighede te besigtig. Hy geniet dit ook om te gesels, meestal oor ditjies en datjies wat mensegesigte ophelder en lagspiere aan die gang sit. Hy was ook in 2014 een van die wenners van die Okambashu Story Quest.
Van der Merwe se storie-loopbaan het al van vroeg af begin.
Toe hy op Gobabis vir natuurbewaring gewerk het, het hy die geleentheid gehad om die topbestuur van die Kruger Wildtuin, wat op ‘n amptelike besoek in Namibia was, langs die roete van die Dorslandtrekkers te begelei. Dit het uit die aard van die saak beteken dat die geselskap baie nagte in die veld moes oorslaap en gevolglik oom Koos se lekkerlagstories om die kampvuur moes aanhoor.
Daarna het een van die lede van die geselskap, Johannes van der Walt, wat ‘n omroeper by Radio Pretoria was, oom Koos genooi om sy stories op te neem. Vandag is dit op CD’s beskikbaar, wat daartoe gelei het dat oom Koos as ‘n storieverteller bekend en beroemd geraak het. Oom Koos het in 2014 vierde in die Gondwana Collection se Okambashu Story Quest gekom.
Die Storievuur begin om 18:00 en kaartjies kos N$120. Dit is by die Biltong Shop Maerua Mall of aanlyn by www.staytoday.com.na beskikbaar. Vir meer inligting, besoek www.windhoekwoordfees.com.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!