Word deel van die wennerskring

Dani Booysen
Hierdie naweek vind weer ’n groot Superrugby-derby plaas wanneer die Stormers môre tuis teen die Bulls uitdraf.

Die gekneusde Kapenaars sal beslis teen hul ou aartsvyande wil vergoed vir hul blaps teen die Brumbies.

Van inskrywings wat reeds vir MultiChoice Namibia en Republikein se weeklikse rugbyraai ontvang is, reken 75% egter die Stormers gaan weer aan die verloorkant wees.

Onthou: Vir DStv Premium-intekenare tel elke SMS as ’n kans om in Julie die bonusprys van N$10 000 te wen. Dié week se pryse is twee kontantbedrae van N$500 en ’n Explora-dekodeerder ter waarde van N$1 299.

Sluit by die span individue aan wat die afgelope vier weke aan die wenkant was:

Verlede week het me. Rita Barnard van Swakopmund N$1 000 gewen met haar raaiskoot dat die Brumbies die Stormers met 19-15 sou klop. Die eindtelling was 19-17.

In week 9 (Sharks 17 Jaguares 51) het niemand vir die pryse gekwalifiseer nie.

Week 8 se wenner was mnr. Riaan van Wyk van Rehoboth (Bulls 18 Jaguares 22). Die eindtelling was 20-22. Hy het ook N$1 000 losgeslaan.

Week 7 het ’n hele sewe wenners opgelewer. Die fokuswedstryd was die Sharks teen die Bulls. Die wenners se raaiskote verskyn in hakies langs hul name.

• Mnr. Rod April, Windhoek, N$1 000 en ’n Explora-dekodeerder (Sharks 16 Bulls 19 – korrekte eindtelling)

• Mnr. Eduard Thomas, Keetmanshoop, N$500 en ’n Explora (17-19)

• Me. Riekie Rossouw, Windhoek, N$500 en ’n HD-dekodeerder (17-19)

• Mnr. Anton Scheun, Windhoek, N$500 en ’n HD-dekodeerder(14-19)

• Mnr. Jack Goliath, Swakopmund, N$500 (14-19)

• Mnr. Willem Vries, Groot-Aub, N$500 (13-19)

• Mnr. Etienne Jansen, Walvisbaai, N$500 (19-19)

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!