Word die Toeris van die Jaar 2020
Word die Toeris van die Jaar 2020

Word die Toeris van die Jaar 2020

Andrew Poolman
As jy iemand is wat daarvan hou om video's te maak en dit op sosialemediaplatforms deel, staan jy die kans om die Toeris van die Jaar 2020 te word.

Sluit aan by die Tourismus Namibia-span en deel jou ervaring wanneer jy 'n lodge of 'n vakansiebestemming besoek.

Boonop kan jy 'n groot prys losslaan!

Om plaaslike toerisme te bevorder, het Tourismus Namibia met Vivo Energy Namibia, ­Gondwana Collection Namibia, ­Journeys Namibia, Namibia Wildlife Resorts (NWR), N/a'ankusê en O&L Leisure saamgespan.

“Ons wil almal nie net plaaslike toerisme bevorder nie, maar saam met Namibiërs die Toeris van die Jaar ontdek,” sê die redakteur van Tourismus Namibia, Frank Steffen.

As jy versot is op reis, kampeer, plekke op die agterpaaie besoek, wildkyk en ons Namibiese mense en kultuur geniet, kwalifiseer jy om aan die kompetisie deel te neem.

“Ons wil hê jy moet al die genoemde dinge doen en jou ervaring met ons deel,” sê Steffen.

Deelnemers moet 'n ­elektroniese dagboek van hul reis hou. Neem foto's en video's van jou geesdrif tydens die ­beplanning van jou reis, die reis na jou ­bestemming en dan jou besoek aan buitengewone toeriste­bestemmings in Namibië.



NAMIBIë TOERISME EKSPO

Namibia Media Holdings (NMH) sal jou help om 'n video-storie van jou reiservaring te maak wat deur die genoemde gasvryheidsverenigings geborg word, terwyl Vivo Energy Namibia brandstof vir jou reis verskaf.

Oortuig besoekers aan die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) in November dat hulle vir jou moet stem vir die beste en gewildste reiservaring.

Jy kan wegstap met die eerste toekenning ooit as die Toeris van die Jaar 2020.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!