Word ’n kinderboekskrywer

Sanet Pearson
Hoe lekker sal dit nie wees om stories te lees oor plekke wat jy ken, veral as jy ’n kind is nie? Jy sal ingetrek word in die storie omdat jy daarmee kan identifiseer. Jy lees rillers wat afspeel op bekende plekke, spookstories en fantasie.

Namibië is ’n skatkis van stories. Net soos baie bekende kinderverhale wat afspeel op plekke soos Engeland en Amerika, so kan stories ook in Namibië afspeel en van wêreldgehalte wees.

Namibië se inheemse volke het elk hul eie betowering, maar niemand ken hulle stories nie. Hierdie stories moet vertel word en gemoderniseer word vir vandag se kinders. Dit moet opgevoer word, verfilm word en deel van ons Namibiese kultuurerfenis word.

Wat Namibië nodig het, is skrywers wat hierdie stories vir kinders op skrif kan verewig – skrywers wat hul slryfkuns passievol wil uitleef. Om vir kinders te skryf, is nie dieselfde as om vir volwassenes te skryf nie. Om vir kinders te skryf, is magic omdat jy weer kind word en aan avonture en fantasie deelneem.

Marianna Brandt, ’n oud-Namibiër en nou terug in die land, wil skrywers oplei om kinder- en jeugboeke uit eie bodem te skryf.

Baie bekende kinderboekskrywers van Suid-Afrika het by haar geleer.

Van hierdie kinderboekskrywers het ATKV-toekennings gekry.

Troula Goosen – ATKV – Geskiedkundige stories

De Wet Hugo – Rillerreeks

Elizbe van der Colff – ATKV

Noreen Nolte - ATKV

Wilreza Theron

Christene Kellerman – Eistedfodd-pret

Jonel du Toit – Eistedfodd-pret

Santie Nel

Stephan Lategan

Rina Cilliers

Eloise Prinsloo en baie ander in die Fynbos- en Droomvanger-skryfgroepe.

Marianna wil ’n skryfgroep in Namibië begin waar skrywers mekaar kan aanmoedig. Omdat sy self meer as 30 jaar se ondervinding het en baie uitgewers in SA en oorsee ken, kan sy skrywers help om hul werk te laat publiseer. Sy het ses jaar lank in Engeland gewoon waar sy eerstehands kennis gemaak het met die internasionale mark. Haar ondervinding lê ook in skryf vir die skole- en boekwinkelmark.

Kinderboeke het ’n baie langer rakleeftyd as boeke vir volwassenes. Van haar boeke is al meer as 18 jaar op die mark. Volwasse boeke se rakleeftyd is baie kort – daarom is kinderboeke ook meer winsgewend vir die skrywer.

As Namibiese boorling is daar niemand beter om jou te leer kinderboeke skryf uit die hart van Namibië nie. Sy het self ’n boek geskryf wat in en om Swakopmund afspeel, naamlik Die Geheim van die Toringkamer. Sy het ook verskeie toekennings op haar kerfstok en het Suid-Afrika in kinderletterkunde in die Nordiese lande in 1998 verteenwoordig.

Sy glo daar is baie talent in Namibië wat net ontgin moet word. Daar word ook nie ’n ouderdom aan talent gekoppel nie. Een van haar skrywers wat vier stories gepubliseer het, is 80 jaar oud. En jy hoef nooit af te tree nie.

Sy belowe om met jou as nuwe skrywer die pad na publikasie te loop, want vir haar is dit ook ’n prestasie as jy publiseer.

Kom ons gee vir die kinders lekker spookstories, rillers, fantasie, avontuur en romanse. Jy kan in enige taal van jou keuse skryf. Marianna sal jou al die tegnieke leer, al die resepte van die verskillende soorte stories – van boeke vir klein kinders tot tienerboeke.

Skryfkursus: 11 – 15 November Windhoek

Vir meer besonderhede, kontak Marianna by [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer