Word prakties in dieresorg opgelei
Tanja Bause
NAWA (Namibian Animal Welfare Association) is 'n nuut gestigte organisasie wat probleme met die versorging en beskerming van diere in Namibië met 'n vernuwende benadering wil takel.
Me. Heather Craemer het in 2017 die Horse Lovers Association (HLA) gestig, maar sy het gevoel sy wil nie net perde en donkies beskerm nie, maar alle diere. Gevolglik het sy verlede jaar saam met me. Sally Harper die werk van HLA uitgebrei en NAWA gestig.
Op die oomblik is NAWA besig om met die gemeenskap van Groot Aub te werk.
“Ons woon in daai omgewing en het besluit om op ons voorstoep te begin,” het Craemer gesê.
Hulle het dr. Ian Baines en sy Animal Mobile Kliniek oortuig om die organisasie se sterilisasie- en kastrasieveldtogte uit te brei sodat Groot Aub en Verdruk ingesluit word.
“Ons het vir een van die sterilisasiedae betaal en vir dr. Baines begelei op die ander dae wat hy in Groot Aub besig was. Ons het siek diere behandel, gratis inentings, vitamieninspuitings en parasietbehandeling gegee. Ons moes ook 'n paar diere uitsit.
“NAWA het ook na verskeie siek perde omgesien. Gedurende die laaste paar jare van die droogte het ons talle perde en donkies gevoer.”
Onkunde wat aanleiding gee tot wreedheid, uithongering en afskeep van dieresorg is die hoofprobleem tussen mense en hul troeteldiere, volgens Craemer.
“Ons wil gemeenskappe van jongs af oplei hoe om na hul diere om te sien en hulle te versorg. Net op dié manier kan ons 'n impak op dieremishandeling in Namibië maak.
“Om bloot diere in nood te red, stel nie die oorsaak van die probleem reg nie. Wat ons nodig het, is om aan die kern van die saak aandag te gee as ons enige noemenswaardige verandering wil sien.”
Dit is presies dié benadering wat NAWA tydens hul uitreikdae na die gemeenskap van Groot Aub volg.
“Ons bied opvoedkundige gesprekke aan, gepaard met die oordrag van vaardighede. Ons het byvoorbeeld die hondekenner Kirstin Drews wat opleiding gee oor hoe om jou hond te versorg en op te pas. Ons gaan ook vir die mense wys hoe om halsbande en leibande te maak, wat hulle huis toe kan vat.
“In die toekoms sal ons hulle ook wys hoe om 'n hondehok te bou. NAWA sal die palette en gereedskap skenk sodat lede van die gemeenskap hul eie hondehokke kan bou.”
Die halsbande word van 'n sagte, buigbare tou gemaak.
“Een van ons grootste kommernisse is die draad, tou of swaar kettings wat sommige mense as halsbande gebruik. Ook die gebruik van draad by perde en donkies maak die diere seer. Ons kan al die draad met die selfgemaakte bande vervang en die diere veilig hou.”
Vir nou is lidmaatskap by NAWA nog verniet. Mense wat met hulle in verbinding wil tree, kan navrae op hul Facebook-blad Namibian Animal Welfare Association rig.
“Op die oomblik benodig ons dringend palette en ou buitebande wat ons kan gebruik om hondehokke en beddens te maak. Maar ook komberse, kos en grasbale word benodig. Kontant om medisyne te koop, is ook altyd welkom. NAWA is op PayToday en ons bankbesonderhede is ook op ons Facebook-blad.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie