Word só ’n beter spaarder
Jan van der Merwe – Ons hoor gereeld Suid-Afrikaners spaan nie genoeg nie en die meerderheid mense gaan sukkel om hul lewenspeil ná hul aftrede vol te hou. Hoe word jy prakties ’n beter spaarder? Jan der Merwe, hoof van aktuarieel en produk van PSG Wealth, gee raad.
Navorsing deur Trading Economics wys dat Suid-Afrikaners die laagste huishoudelike spaarkoers het van ál die G20-lande. Teen die begin van 2019 was die verhouding van huishoudelike spaargeld tot besteebare inkomste 0,15%. Sowat 40% van werkende, stedelike huishoudings in Suid-Afrika het géén formele aftreespaargeld nie.
Wat is ’n goeie maatstaf vir spaar?
Hoeveel jy behoort te spaar, sal altyd afhang van jou doelwitte, die tyd wat jy tot jou beskikking het, en natuurlik jou vermoë om te spaar.
Elke mens se spaarbesluit is uniek, maar ’n eenvoudige reël kan ’n handige beginpunt wees om jou minstens in die regte rigting te laat dink.
Hiervolgens moet jy minstens 15% van jou voorbelaste inkomste in jou aftreefondse spaar. Nadat jy dít gedoen het, kan jy die volgende as bestedingsriglyne gebruik vir jou nabelaste inkomste:
· 60% vir noodsaaklikhede (bv. behuising, kos, krag en water).
· 30% vir diskresionêre uitgawes (bv. vermaak en luukses); en
· 10% vir spaar (bv. onderrig, noodfonds en vakansies).
Die “regte” antwoord sal van mens tot mens verskil en ’n finansiële raadgewer kan jou help om die regte spaarplan vir jou op te stel.
Praktiese wenke om jou te help spaar
Dit kan uitdagend wees om die nodige aanpassings aan jou leefstyl te maak as jy op die oomblik minder spaar as die aanbevole vlakke.
Die eerste stap is om ’n begroting op te stel – en daarby te hou.
Om spaar uit te stel totdat jy “genoeg” geld het, gaan vir seker tot mislukking lei.
Jy gaan baie waarskynliker kan slaag met ’n spaarplan as jy beleggings prioritiseer en geld vir langtermyndoelwitte wegsit vóórdat jy in die versoeking kom om dit elders te bestee, byvoorbeeld deur middel van ’n outomatiese maandelikse debietorder.
Begin deur inkrementeel veranderinge aan jou leefstyl aan te bring en hou jou toewyding vol totdat jy jou ideale spaarvlakke behaal het.
Mettertyd sal jy skaars dié klein aanpassings agterkom, maar die “opofferings” sal geleidelik en konsekwent optel en jou help om jou neseier te laat groei.
Spaar word baie gou ’n deel van jou persoonlike dissipline en sal nie meer soos ’n opoffering voel nie!
Spaargeld tel vinnig op, soos die grafika hieronder wys.
Wenke
Die belangrikste is dat jy so gou as moontlik begin en aanhou sodra jy ’n vaste fondament gelê het. Hier is enkele riglyne:
· Begin min spaar en verhoog dit elke jaar geleidelik.
· Pas altyd jou spaargeld jaarliks aan in pas met die inflasiekoers.
· Hou boek van hoeveel geld jy bestee en vergelyk dit met jou begroting. Dis sal help uitwys waar jy jou besteding moet aanpas.
· Moenie jouself met ander mense vergelyk nie. Hou maar jou ou selfoon nog ’n paar jaar, ry maar jou motor nog ’n paar jaar, en jy het nie die nuutste modes nodig nie.
· Bewaar altyd jou aftreespaargeld wanneer jy van werk verander.
* Jan van der Merwe is PSG Wealth se hoof van aktuarieel en produk. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie