WP se Gert gaps nóg ’n Blou Bul-stut
Rugby
Stephen Nell
In 2014 het die Westelike Provinsie se direkteur van rugby, Gert Smal, stilletjies ’n vaskopstut met die naam van Wilco Louw by die Blou Bulle weggerokkel.
Sedertdien het Louw die WP tot ’n Curriebeker-titel geskrum en sy Springbok-kleure verwerf. Smal het nou wéér in Pretoria gaan kuier en huis toe gekom met nóg ’n belowende vaskop: Neethling Fouché.
Josh Stander, ’n losskakel uit die Bulle se geledere, is saam met Fouché in die uitgebreide groep van die Stormers wat vir aanstaande jaar se Superreeks begin oefen het. Die hoop is op die 23-jarige Stander gevestig om die leemte te vul wat deur Robert du Preez se skuif Haaie toe gelaat is.
Die WP het Maandag ook in ’n verklaring bevestig dat hy die voormalige Bok-senter JJ Engelbrecht geteken het. Engelbrecht sluit hom in die nuwe jaar by die Stormers se oefengroep aan sodra sy verpligtinge by die Japanse span Toyota Industries Shuttles afgehandel is.
Die 28-jarige Engelbrecht het destyds vir die WP as ’n vleuel uitgedraf en baie belofte getoon voordat hy aan die einde van 2011 Pretoria toe getrek het. Dáár is hy as buitesenter ingespan, maar ondanks die werf van sy Bok-kleure was daar nog altyd die siening dat hy meer het om te bied op die vleuel.
Smal het twee ander vleuels – die Cheetahs Sergeal Petersen en Raymond Rhule – geteken om die Stormers se diepte in daardie posisie uit te bou. Hulle het die potensiaal om aan die Stormers slaankrag op die punte te gee, maar soos met Cheslin Kolbe is albei se verdediging kwaai onder verdenking.
Kolbe en die belowende spoedvraat Leolin Zas het spore gemaak uit die Kaap – onderskeidelik na Toulouse en die Haaie. Rhule en die ander huidige Bokke begin in Januarie saam met die Stormers oefen.
Die WP het Maandag ook aangekondig dat hy die kontrakte van etlike spelers verleng het.
Voorspelers wat nuwe kontrakte gesluit het, is Louw, JC Janse van Rensburg, Caylib Oosthuizen, Ali Vermaak (stutte), Nizaam Carr, Sikhumbuzo Notshe (agtstemanne), Scarra Ntubeni (haker) en Kobus van Dyk (flank).
Agterspelers wat besluit het om hul pot vir langer in die Moederstad te krap, is Dillyn Leyds (heelagter-vleuel), Jano Vermaak (skrumskakel), SP Marais, Craig Barry (heelagters) en Michal Hazner (senter).
’n Handvol Bokke wat tot in 2019 gekontrakteer is – Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit (slotte), Steven Kitshoff (loskopstut) Frans Malherbe (vaskopstut), Siya Kolisi (flank), Damian de Allende (senter) en Bongi Mbonambi (haker) – sal vir die Stormers ’n ervare kern gee.
Die WP het ook die belowende jong losvoorspelers Juarno Augustus en Ernst van Rhyn oortuig om langer in die Kaap te bly.
“Ons is opgewonde oor ons diepte met etlike senior spelers wat leiding kan gee aan die jonges wat ’n deurbraak gaan maak. Dis belangrik dat ons aanhou om vorentoe te beweeg wat betref ons uitslae, sielkundige gehardheid en speelstyl,” het Smal gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie