Wêreld bereik ter elfder ure klimaatverdrag
Die Glasgow-klimaatverdrag is Saterdag ná verlengde onderhandelinge eindelik deur 196 lande, insluitend Namibië, aanvaar.
Ronelle Rademeyer – Nadat die COP26-klimaatonderhandelinge met een dag verleng is, het byna 200 lande Saterdag in Glasgow, Skotland, ’n klimaatverdrag aanvaar wat die deur vir die wêreld nog op ’n skrefie oophou om die deurslaggewende temperatuurdoelwit van 1,5 °C te bereik.
Die verdrag weerspieël volgens die Verenigde Nasies (VN) se sekretaris-generaal, António Guterres, “die belange, teenstrydighede en die stand van die politieke wil in die wêreld vandag”.
Die 196 lande wat vanaf 1 November in Glasgow oor die klimaatskrisis beraadslaap het, se onderneming behels om fossielbrandstofsubsidies uit te faseer en die gebruik van steenkool vir kragopwekking te verminder.
Verder het lande hulle ook daartoe verbind om hul 2030-planne vir die vermindering van kweekhuisgasse volgende jaar te hersien en te versterk.
Die uitkoms is “’n belangrike stap, maar nog nie genoeg nie”, meen Guterres. “Dis tyd om in krisismodus te gaan. Die klimaatstryd is die stryd van ons lewe en hierdie stryd moet gewen word.”
ENERGIEWEEK
Intussen het die Namibiese regering verlede week tydens die Afrika-energieweek wat van Dinsdag tot Vrydag in Kaapstad plaasgevind het, olie- en gasmaatskappye formeel uitgenooi om aansoeke vir petroleum-eksplorasielisensies in te dien.
Mnr. Tom Alweendo, minister van myne en energie, het saam met mnr. Immanuel Mulunga, besturende direkteur van die staat se petroleumkorporasie, Namcor, asook mnr. Scott Evans, uitvoerende hoof van die veelbesproke Kanadese olie- en gasmaatskappy, Reconnaisance Africa (ReconAfrica), aan ’n paneelbespreking deelgeneem oor die wetlike en tegniese aspekte van olie-ontginning in Namibië.
“Ons is op die punt van aktiwiteite wat die land kan transformeer,” het Alweendo gesê en het bygevoeg Namibië beskik oor goeie olie- en gasvooruitsigte wat die potensiaal het om geld vir die land in te bring.
“Deur sy gunstige fiskale aansporings het Namibië homself goed binne die mededingende petroleum-eksplorasiewêreld geplaas en belangstelling ontlok van groot oliemaatskappye, insluitend Tullow, TotalEnergies, GALP, Shell, ONGC en ExxonMobil, het africanews.com na aanleiding hiervan berig.
“Namcor neem ’n sentrale posisie binne dié vooruitsigte in deurdat hy ’n 10%-belang het in verskeie internasionale maatskappye wat in Namibië werksaam is,” lui die berig.
Die nuwe, verbeterde planne wat lande volgens die klimaatverdrag aanstaande jaar sal indien oor hoe hulle beoog om koolstofvrystellings teen 2030 in pas te bring met die 1,5°C-doelwit, beteken regerings wat te kort skiet, sal dit aan hul burgers moet regverdig, berig die wetenskapsblad Nature.
“Tot nou toe, in die vorige 26 jaar van verdrae en besluite by VN-klimaatgesprekke, is steenkool- en fossielbrandstofsubsidies nog nooit uitdruklik genoem nie, ten spyte daarvan dat steenkool een van die sleutelaandrywers van aardverwarming is en US$5,9 triljoen se subsidies jaarliks vir steenkool, olie en gas gegee word,” lui die berig.
Lande het vroeër tydens die beraad ’n reeks vrywillige sydelingse ooreenkomste aangegaan om ontbossing stop te sit, internasionale finansiering vir steenkool te staak, geen nuwe olie- en gasprojekte toe te laat nie en metaan, ’n kortstondige maar kragtige kweekhuisgas is, te bekamp.
– [email protected]
FOTO
Kunstenaars hou Saterdag 'n begrafnisseremonie by die Glasgow-katedraal in Glasgow, Skotland, om die mislukking van COP26-proses te simboliseer. Dié VN-klimaatskonferensie het die naweek ten einde geloop. Foto Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie