Wêreld haal nie 1,5 °C-perk, sê VN-baas
António Guterres, die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), sê die wêreld is nie op koers om die styging in aardtemperature tot 1,5 °C te beperk nie.
Hy was Sondag in Nieu-Seeland as deel van ’n nuwe VN-veldtog om lande teen aardverhitting te waarsku.
“Klimaatsverandering vorder vinniger as wat ons vorder. Die afgelope vier jaar is die warmste tot nog toe,” het hy op ’n mediakonferensie saam met Jacinda Ardern, premier, gesê.
Ondertekenaars van die Parys-ooreenkoms van 2015 het hulle daartoe verbind om nie toe te laat dat die aarde se temperatuur met meer as 1,5 °C styg nie.
Guterres besoek vandeesweek talle eilande in die Stille Oseaan, soos Fidji, as deel van die bewusmakingsveldtog oor klimaatsverandering. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie