Wêreld in warwoel
Groot uitdagings lê vanjaar vir die internasionale gemeenskap voor.
'n Nuwe, onvoorspelbare president, Donald Trump, trek Vrydag in die Withuis in. In Brittanje is premier Theresa May besig met die finale afrondings aan haar land se beplanning om uit die Europese Unie (EU) te tree. Op verskeie plekke in die wêreld, van Europa, die Midde-Ooste, Oos- en Wes-Afrika en waar 'n mens ook gaan, is gewetenlose terroriste wat planne smee om onskuldige, sagte teikens, soos mense in nagklubs, kerke of op strande, se dood te bewerkstellig.
Die afgelope jaar was 'n aanduiding dat van selfmoordbomaanvallers, motorbomme, messe, vuurwapens en selfs vragmotors wat blindelings in skares mense ingejaag word, gebruik gemaak word om terreuraanvalle uit te voer.
In die Verre-Ooste verkondig Noord-Korea dat die land op die drumpel is om 'n langafstand ballistiese missiel te toets.
Internasionaal word geworstel met ekonomieë wat nie na wense groei nie, tradisionele invoerders van rou produkte wat nie meer soos in 'n verlede groot besendings kan bekostig nie, 'n skuldlas wat oral druk en werkloosheid wat nie net tuis nie, maar elders in die wêreld ook probleme skep.
Namibië se buitelandse beleid is geskoei op die beginsel van onverbondenheid.
In die woorde van die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking: “Namibië is 'n vriend van almal en 'n vyand van niemand.”
Soms het dit gevoel of hierdie beleid neerkom op 'n draadsittery wanneer Namibië oor sekere menseregte-resolusies by die Verenigde Nasies buite stemming gebly het.
Met die wêreld wat in 'n warboel is, is hierdie beleid waarskynlik in 2017 die beste vir Namibië.
Die Afrika-uitdrukking: “As die olifante baklei, kry net die gras seer” was nog nooit meer van pas as nou nie.
Só sê ander:
Jerusalem Post
17 January 2017
Trump's support presents a new challenge for Netanyahu
Prime Minister Benjamin Netanyahu has spoken extensively of his broader foreign policy vision and argued that this would lead to improved relations with the Palestinians, but he has not provided any details on how to move forward on building trust with the millions of Palestinians who live in the West Bank and Gaza.
Shortly after officially taking over from Pres. Barack Obama, Donald Trump will undoubtedly set up a meeting with Netanyahu. If Netanyahu articulates a plan for the future of Israeli-Palestinian relations, the Trump administration would most likely support it. Paradoxically, this actually complicates matters, because for the first time, Netanyahu will have to articulate what precisely he wants the US to support.
The advent of the Trump era presents new opportunities for Netanyahu. We wait to see what Netanyahu will decide to do.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie