'Wêreld is armer sonder Finki'
Namibië het Vrydag 'n geliefde voormalige stadsvader en medikus verloor.
Ronelle Rademeyer
Wyle dr. Björn Graf Finck van Finkenstein is die naweek uit verskeie oorde as 'n geliefde mens, gewaardeerde leier en bekwame mediese dokter geloof.
Von Finkenstein, wat van adellike Pruisiese herkoms was, is Vrydag in die ouderdom van 63 jaar dood.
Hy was Windhoek se eerste Swapo-burgemeester ná onafhanklikwording. Hy is weer in 1994 tot dié amp verkies en was daarna tot 1999 die eerste burger van die hoofstad.
Die huidige burgemeester, me. Sade Gawanas, het die naweek in 'n verklaring gesê hy was “'n ware en nederige patriot”. Sy het hom as 'n “bekwame leier met groot integriteit en 'n deurwinterde visioenêr” beskryf.
Volgens haar was hy as stadsvader 'n “samebindende faktor” – iemand wat sy lewe gewy het aan die welsyn van Windhoek en sy mense.
Gawanas sê hy het “'n diepgaande invloed gehad op die toekomstige rigting van die stad”.
Hy is op 23 Julie 1958 op Usakos gebore. Die Finck von Finckensteins is een van die oudste Pruisiese aristokratiese families, of “Uradel”, wat nog bestaan. Hulle dateer terug na die 12de eeu in die Hertogdom van Karinthië.
President Hage Geingob het Vrydag in sy boodskap van medelye gesê Von Finkenstein het met Swapo se terugkeer uit ballingskap aan hulle mediese behandeling verskaf, waarvoor hulle baie dankbaar was.
“Ons nasie en die Swapo-party het 'n talentvolle en dinamiese sakeleier verloor wat 'n belangrike rol gespeel het in die vorming van die trajek van stad Windhoek en die ontwikkeling van sy inwoners. Sy heengaan is inderdaad verwoestend en moeilik vir ons almal om te aanvaar.”
Geingob sê hy kon nog baie bydra tot die ontwikkeling van die land.
Hy het namens die regering en die land meegevoel met wyle Von Finkenstein se vrou, Christine, en hul kinders betuig.
Sy jarelange vriend, mnr. Calle Schlettwein (minister van landbou, water en grondhervorming), het op Facebook gesê hy is geskok en diep hartseer oor die heengaan “van ons dierbare vriend, Finki”.
Hy sê hulle was die afgelope 40 jaar “ware vriende” wat goeie en slegte tye saam beleef het.
“Sy vrygewigheid, sy openhartigheid en eerlikheid, sy lewensvreugde en sy deernis sal baie gemis word. Die wêreld is armer sonder Finki,” het Schlettwein in sy plasing gesê.
Von Finkenstein was ook lank mediese direkteur van die Bloedoortappingsdiens van Namibië.
Geen begrafnisreëlings is nog bekend gemaak nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie