'Wêreld kan nie dié miljardêrs bekostig'
Die wêreld het nou 2 043 dollar-miljardêrs nadat die getal superrykes verlede jaar in die vinnigste tempo die afgelope eeu gestyg het: elke twee dae 'n nuwe miljardêr, sê die organisasie Oxfam, wat hom daarvoor beywer om armoede uit te wis.
Oxfam sê in sy ongelykheidsverslag wat verlede week in Davos, Switserland, uitgereik is, dit word in meer as 60% van die gevalle toegeskryf aan erflatings, monopolieë of baantjies vir boeties.
Die organisasie haal ook data van Credit Suisse aan dat 42 mense nou dieselfde hoeveelheid rykdom het as die wêreld se armste 3,7 miljard mense.
Volgens Oxfam het die getal mense wêreldwyd wat in uiterse armoede leef, wel van 1990 tot 2010 gehalveer en neem dit steeds af, maar as ongelykheid nie in dié tyd toegeneem het nie, sou 'n bykomende 200 miljoen mense uit armoede kon kom.
Om ongelykheid te takel, beveel Oxfam aan dat multinasionale korporasies verseker dat alle werkers in hul verskaffingsketting genoeg verdien om hul basiese lewenskoste te dek.
Die opbrengs aan aandeelhouers kan beperk word en die vergoeding van topbestuurslui moet hoogstens 20 keer soveel wees as die mediaanbetaling van werkers. Sanksies moet ingestel word teen korporasies en rykes wat belasting-skuilplekke gebruik.
– Netwerk24/Rapport

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie