Wêreld Psoriasedag: Behandel só ongemaklike toestand
Tasneem van Rooyen
Wêreld Psoriasedag vind vandag plaas en bewusmaking is dus in dié tyd belangrik rondom hierdie siekte. Tasneem van Rooyen het meer gaan uitvind oor die simptome en behandeling van psoriase.
Die doel van Wêreld Psoriasedag is om ’n soeklig te rig op die fisiese, emosionele en sosioëkonomiese uitdagings wat met dié toestand gepaardgaan. Daar word ook van meer mense verwag om psoriase-lyers te ondersteun.
Psoriase is ’n oorkoepelende term vir toestande wat die vel en gewrigte weens ’n ooraktiewe immuunstelsel aantas.
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO) beskryf psoriase as ’n ernstige nie-oordraagbare siekte wat moontlik jou lewensduur kan verkort. Dit is dus belangrik om bewusmaking op ’n internasionale vlak te kweek.
Volgens dr. Nicola Lister, wetenskaplike hoofbeampte en mediese direkteur by Norvartis Suid-Afrika, is dit ’n mite dat psoriase slegs ’n velsiekte is.
“Hoewel die toestand homself meer in die vel openbaar, is psoriase ook direk verwant aan ander groot nie-oordraagbare siektes.
“Baie studies het getoon dat psoriase gepaardgaan met ernstige sistemiese kondisies soos kardiovaskulêre siektes, metaboliese sindroom, hoë bloeddruk, diabetes, depressie en Crohn se siekte.”
Sy sê ook dat die toestand die vermoë het om jou selfbeeld en verhoudings negatief te beïnvloed.
WAT IS PSORIASE?
Dr. Lister beskryf dit as ’n chroniese, nie-oordraagbare en pynlike siekte wat op enige ouderdom kan ontwikkel.
“Dit is ’n ernstige toestand wat mense op ’n internasionale vlak beïnvloed. Psoriase tas meer as 125 miljoen mense oor die wêreld heen aan.”
Dit kan ook vereenselwig word met ’n inflammatoriese artritis genaamd psoriatiese artritis wat die gewrigte van die ruggraat en ander gewrigte aantas.
BEHANDELING
Hoewel psoriase as ’n ongeneesbare toestand beskryf word, is daar wel maniere om die simptome te verlig.
Psoriase moet so vroeg as moontlik behandel word om gewrig-degenerasie- en misvorming sowel as gestremdheid te voorkom, verduidelik dr. Lister.
“Daar is drie vorms van behandeling om simptome van psoriase te beheer, naamlik topikale behandeling, fototerapie en sistemiese behandeling,” sê sy.
Dit is ook belangrik om te onthou dat die behandeling afhang van die vlak van die toestand. Vir matige psoriase wat ’n klein oppervlakte van die vel beïnvloed, kan velroom of salf gebruik word.
Volgens dr. Lister is dit ook belangrik om faktore te identifiseer wat aanleiding gee tot die toestand, sodat die pasiënt dit kan vermy.
“Dit is ook belangrik om bewusmaking te kweek oor die toestand sodat diegene wat daarmee moet saamleef, nie moet ly onder stigmas of diskriminasie nie.”
Sy sê dit is nie net pasiënte wat bewusmaking ernstig moet opneem nie, maar ook mense wat nie daaraan ly nie, omdat dit ’n fisieke en emosionele las kan raak.
Na gelang van die soort psoriase, kan sere ook op die bene, bors en kopvel voorkom wat gewoonlik na ’n paar weke verdwyn. Weens psoriase se hoogs sigbare simptome, kan pasiënte afgesonder en in die verleentheid voel, asook kwaad en hulpeloos, wat dan hul verhoudings by die huis, skool en werk kan beïnvloed, meen dr. Lister.
Daar is verskillende soorte psoriase, dus sal die simptome van persoon tot persoon verskil. Sekere mense ervaar ligter simptome, terwyl ander dit weer baie ernstig kry. – Netwerk24
GRYSBLOK
SIMPTOME
Volgens dr. Lister is die algemeenste simptome:
· Afskilfering van vel
· Gekraakte of droë vel
· Jeukerigheid
· Swelling
· Rooierige kolle op die vel
· Wit of silweragtige skubbe op die vel
· ’n Branderige gevoel
· Bloeding
· Uitputting
· Gewrigspyn
· Naelprobleme (naels is gewoonlik dik en pokkerig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie