Wu00eareld se grootste drywende boekwinkel kom Namibiu00eb toe
Wu00eareld se grootste drywende boekwinkel kom Namibiu00eb toe

Wêreld se grootste drywende boekwinkel kom Namibië toe

Des Erasmuss
Anneli Erasmus - 'n Boot gelaai met die Blye Boodskap op 'n toep vir kinders en meer as 5 000 boeke teen sakpaspryse is stadig maar seker al langs die Suid-Afrikaanse kus op pad na Walvisbaai waar dit op 15 Julie gaan vasmeer.
Die Logos Hope, 'n skip van Operasie Mobilisasie (OM Ships) met sy bemanning van vierhonderd Christelike vrywilligers uit vyftig lande, lê nou in die hawe van Port Elizabeth voordat dit op 21 Junie na Kaapstad vertrek en daarna na Walvisbaai.
'n Paradys vir boekwurms gaan wees om vir 'n volle twaalf dae op Walvisbaai die geleentheid hê om teen 'n geringe toegangsgeld in die boekwinkel te gaan rondsnuffel tussen duisende boeke van kinder- tot opvoedkundige boeke, fiksie en nie-fiksie en oor alle onderwerpe vir alle ouderdomme. En dit teen 'n fraksie van normale kleinhandelpryse.
Daarby sal kinders wat die boot besoek, die Bible App for Kids wat deur OneHope ontwikkel is, gratis kan aflaai. Hierdie toep word as 'n groot deurbraak beskou om die gospel in die hande van elke kind te plaas. Dit bevat onder meer ook riglyne vir ouers om die Bybel saam met hul kinders te lees. Mnr. Brian Esterhuizen van OneHope sê dié gospelwerktuig is indrukwekkend. “Jy kan dit saam met jou neem waar jy ook al gaan, ook na lande waar jy nie 'n boek mag saambring nie. Meer en meer mense het toegang tot slimfone, selfs in Afrika.”
OneHope het meer as dertig jaar navorsing gedoen oor hoe om vernuwende maniere te vind om die Bybel met die jeug wêreldwyd te deel. OneHope se jeugbediening sal ook aan boord die Logos Hope wees om slypskole aan te bied.
Die doel van Operasie Mobilisaie se uitreik is om wêreldwyd met die hulp van plaaslike kerke en sendingaksies kennis, hulp en hoop aan soveel mense as moontlik te bring. Sedert die ontstaan van OM Ships in 1970 het meer as 44 miljoen mense van 150 verskillende lande hierdie besonderse boekwinkel besoek.
Die Logos Hope is twee keer so groot soos sy voorganger, die Doulos, wat Walvisbaai in 2002 besoek het.
Die loopplank gaan op 16 Julie vir besoekers sak om aan boord die Logos Hope te gaan en sal elke dag oop wees tot op 27 Julie voordat die boot op 28 Julie na Libreville vertrek.


Onderskifte
Die Logos Hope gaan op 15 Julie in die Walvisbaai se hawe vasmeer waar dit tot 28 Julie sal lê.


Die boekwinkel van die Logos Hope wat meer as 5 000 boeke oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe bevat.

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...