Wu00eareld se grootste motormark brand vas
Wu00eareld se grootste motormark brand vas

Wêreld se grootste motormark brand vas

Motorverkope in China het in 2018 vir die eerste keer in meer as 20 jaar gedaal.

Motorvervaardigers plaas nou al geruime tyd hul hoop op China, die wêreld se grootste mark vir motorverkope.

Verkope het met 6% tot 22,7 miljoen voertuie geval, volgens China se vereniging vir passasiersmotors.

Kopers word glo afgeskrik deur die handelsoorlog met die VSA en ’n daling in Chinese aandeelpryse.

Al hoe meer Chinese verbruikers verkies ook om taxidienste soos Didi Chuxing te gebruik.

Die regering oorweeg stimulusmaatreëls om verkope ’n hupstoot te gee.

Vervaardigers het die afgelope dekades miljarde dollar aan fabrieke in China bestee.

Motorverkope wêreldwyd brand vas. Volgens RBC Capital is die hele bedryf dalk reeds in ’n resessie.

Goldman Sachs voorspel dat motorverkope in China ook sal val, met 7%, en daarna in 2020 met 3% sal styg.

Die vereniging vir passasiersmotors verwag wel dat verkope in 2019 met 1,2% gaan styg, maar nog ’n bedryfsorganisasie, die vereniging van motorvervaardigers, verwag dat verkope onveranderd gaan bly.

FORD

Vervaardigers moet nou besluit of hulle voortgaan met uitbreiding in China.

Ford het beplan om meer as 50 nuwe modelle teen 2025 bekend te stel en vervaardiging in China te verhoog. Vyf nuwe modelle word vanjaar in China vervaardig.

Volkswagen, die gewildste buitelandse handelsnaam in China, wil vanjaar omtrent €4 miljard in die land belê.

General Motors het in ’n e-pos gesê hy gaan voort met beleggings in China en Ford sê hy skeduleer produksie volgens die vraag en bestuur sy voorraad fyn.

Suzuki het China in 2018 verlaat nadat sy motors swak verkoop het. Jaguar Land Rover moes ’n fabriek tydelik sluit.

Volgens die Wêreldbank gaan China se ekonomie vanjaar met 6,2% groei, vergeleke met die verwagte 6,6% in 2018.

ELEKTRIESE MOTORS

Verkope van elektriese motors in 2018 was vir die eerste keer meer as ’n miljoen.

Dis nog net ’n fraksie van die totale motorverkope, maar groei vinnig en gaan dalk in 2019 1,6 miljoen haal, volgens die vereniging vir motorvervaardigers.

Tesla het onlangs die eerste sooi gespit vir sy Chinese fabriek. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!