Wêreld se grootste oliegroep breek Gupta-bande
Die Guptas se genoteerde mynfirma, Oakbay Resources and Energy, gaan in Julie van die JSE denoteer nadat hy nie meer aan die JSE-reëls kon voldoen nie.
Francois Williams - Die Vitol-groep, die grootste onafhanklike oliehandelaar in die wêreld, wil nie meer ’n belang in ’n steenkooleindpunt by die Richardsbaai-hawe by ’n Gupta-beheerde firma in Suid-Afrika koop nie.
’n Konsortium van Vitol en Burgh Group Holdings sou die Optimum Coal Terminal van die Gupta-familie se Tegeta Exploration and Resources gekoop het, maar het vroeër die week laat weet hulle sal nie meer met die verkryging voortgaan nie.
Die transaksie sou die konsortium ’n belang van 7,61% in die Richardbaai-steenkooleindpunt gegee het, en die regte om sowat 8 miljoen ton steenkool per jaar vanuit die hawe te verskeep.
Die Gupta-familie is goeie vriende van pres. Jacob Zuma en het op hul beurt die Optimum-steenkoolmyn in Desember 2015 saam met Zuma se seun Duduzane vir R2,15 miljard van Glencore gekoop.
Vitol hanteer meer as 7 miljoen vate olie per dag en meer as 30 miljoen ton steenkool per jaar. Die transaksie sou Vitol toegang gee tot ’n belangrike uitvoerhawe in een van die grootste steenkoolproduserende lande.
Kaap
Vitol is betrokke by die bou van ’n nuwe olietenkplaas in die Kaapse hawe – Burgan Oil Terminals.
Die internasionale oliereus Chevron, wie se Suid-Afrikaanse bedrywighede intussen aan ’n Chinese staatsoliemaatskappy verkoop is, het aanvanklik beswaar gemaak teen Vitol se planne met die olietenkplaas omdat dit volgens Chevron sy raffinadery in Milnerton oorbodig sou maak en tot werkverliese sou ly as dit moes sluit.
Vitol het ook ’n steenkoolhandelsfirma in Mosambiek.
Slegs aandeelhouers in die Richardbaai-steenkooleindpunt het ’n outomatiese reg om steenkool deur die hawe uit te voer. Ander aandeelhouers in die eindpunt sluit Anglo American, South32 en Glencore in.
Suid-Afrika is goed geposisioneer om steenkool na Indië en China uit te voer, maar word beperk deur die hawe-infrastruktuur. Die meeste uitvoersteenkool beweeg langs Transnet se CoalLink-spoorlyn van die steenkoolmyne in Mpumalanga na die Richardsbaai-hawe van waar dit via die steenkooleindpunt uitgevoer word.
Die Guptas se genoteerde mynfirma, Oakbay Resources and Energy, gaan in Julie van die JSE denoteer nadat hy nie meer aan die JSE-reëls kon voldoen nie.
Die omstrede verhoudinge tussen die Guptas en top-regeringsleiers het luidens die openbare beskermer se staatskapingsverslag moontlik die staat se etiese kode oortree. Verlede jaar het Suid-Afrikaanse banke en ouditeurs reeds begin om hul bande met Gupta-beheerde maatskappye verbreek. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie