Wu00eareld se optrede u2018oneerbiedig, agterbaks, diskriminerendu2019
Wu00eareld se optrede u2018oneerbiedig, agterbaks, diskriminerendu2019

Wêreld se optrede ‘oneerbiedig, agterbaks, diskriminerend’

Ronelle Rademeyer
Die uitvoerende voorsitter van Ohlthaver & List, Sven Thieme, sê Brittanje, die Europese Unie, Amerika en ander lande se reisverbod op vlugte uit Suider-Afrika is “oneerbiedig, agterbaks en diskrimerend”.
Hy sê dit ondermyn die vaardigheid en uitnemendheid van 'n wêreldklas wetenskapgemeenskap. “In plaas daarvan om erkenning te kry en geprys te word, word Suid-Afrika (en sy bure insluitend Namibië) gestraf omdat hulle deursigtig is.”
Thieme sê hierdie optrede vir ’n onbepaalde tyd sal lei tot die totale verlamming van die ekonomieë van die geraakte lande. “Ons praat van 'n gesamentlike bevolking van meer as 300 miljoen mense wie lewens op die spel is, en die res van die wêreld slaan die deur in ons gesig toe sonder enige konsultasie ondanks al die toegewydheid wat ons oor tyd getoon het. Dit is krimineel!”
’n Ontstelde Thieme sê die lande wat hiervoor verantwoordelik is, moet aanspreeklik gehou word vir hul optrede.
“Kan jy jou die reperkussies voorstel van grenssluitings en ’n reisverbod elke keer as ’n nuwe variant geïdentifiseer word? Ons moet oop bly en gefokus bly deur die wetenskap te vertrou en die feite te bekom voordat ons impulsief optree,” het Thieme gesê.
“Ons is almal saam in hierdie pandemie, wat van ons vereis om mekaar te ondersteun en nie teen mekaar te werk of te diskrimineer nie. Op die oomblik is ons beste wapen teen hierdie verskriklike virus om ten volle ingeënt te wees en die basiese reëls na te kom en ’n masker te dra, gereed hande te was en te ontsmet en groot byeenkomste te vermy, die wetenskaplike benadering te vertrou. As 'n land is ons dit verskuldig aan onsself, ons kinders en die geslagte wat kom om in solidariteit saam te staan (met die regering en alle ander rolspelers) om hierdie virus met al ons mag en krag te beveg sodat ons sterker as ooit tevore ons uit die as van Covid-19 kan verrys,” het Thieme in ’n verklaring gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!