Wêreld se ‘sexyste man’ sit nie meer op die rak
Marelize Barnard – Die Kanadese model Sabrina Dhowre (29) is die naweek in Marrakesj in Marokko getroud – en haar bruidegom is niemand anders nie as die “sexyste man op aarde”, Idris Elba (46).
Dit is Elba se derde huwelik.
Die twee het volgens die tydskrif Vogue Vrydag ewige trou aan mekaar beloof in die Char Bagh-hotel in Marrakesj.
Dhowre het vir die geleentheid twee rokke gedra, albei van die ontwerper Vera Wang, en Elba was geklee in ’n deftige pak van Ozwald Boateng.
Die nuwe egpaar is reeds van vroeg 2017 ’n paartjie.
Elba is verlede jaar as die tydskrif People se “sexyste man wat leef” aangewys.
Sarie het vroeër vanjaar berig sukses het nie maklik vir dié seun van Afrika-immigrante gekom nie – sy ma is Ghanees en sy pa van Sierra Leone.
Voordat hy in 2002 wêreldroem verwerf het vir sy rol as Stringer Bell in die HBO-reeks The Wire, het hy nagskof by ’n motorfabriek gewerk, waartydens hy ook drie maande lank in sy paneelwa geslaap het.
Dhowre is ’n voormalige Mej. Vancouver.
Die twee se troue is oor drie dae gehou en het reeds Donderdag begin. Saterdag het gaste ’n partytjie bygewoon waarvan die kleurskema wit was. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie