Wêreld se superrykes word al ouer
Die wêreld se superrykes het wel probleme – soos dat hulle ouer word en slim planne moet maak om hul welvaart belastingvriendelik aan hul erfgename oor te dra.
Lorenzo Servitje Sendra, die oudste persoon in Bloomberg se indeks van mense wat meer as R1 000 miljoen het (die miljardêr-indeks), is verlede maand oorlede en het ’n fortuin van US$4,2 miljard nagelaat.
Dié Mexikaanse miljardêr het vooruit beplan en sy belang in Grupo Bimbo, die wêreld se grootste bakkery, reeds aan sy erfgename nagelaat.
Hy het daarmee die groot probleem van die ouerwordende superrykes gesystap.
PwC en UBS sê in ’n verslag die grootste oordrag tot nog toe aan die volgende generasie vind nou plaas omdat baie van die wêreld se rykste mense baie oud is.
Luidens die verslag is daar omtrent US$2 100 miljard (die Amerikaanse US$2,1 triljoen) se bates wat in die komende jare aan erfgename van die rykes oorgedra gaan word.
Dit is rofweg gelykstaande aan die bruto binnelandse produk (BBP) van Indië.
Dié bates word deur 218 miljardêrs beheer wat ouer as 70 is en op dié Bloomberg-indeks is waarop die wêreld se 500 rykste mense daagliks aangedui word.
Die indeks toon 70% van die 500 mense is ouer as 60.
PwC en UBS waarsku deeglike beplanning is nodig om die bates na te laat anders gaan ’n groot deel van die fortuin wesenlik weggevreet word.
Die probleem is die ergste in Amerika en Europa, waar sowat ’n kwart van hul miljardêrs in die indeks 80 jaar of ouer is. In Asië is dit 20%.
China, Rusland
Op die vasteland van China is net 3% van die welvaart in bejaardes se hande, terwyl sowat 40% deur miljardêrs gehou word wat jonger as 50 is.
Rusland het sy eie probleem, want baie van die private sektor se welvaart word deur ’n generasie van sakelui beheer wat wins uit die chaotiese tydperk ná die val van die Sowjetunie gemaak het.
Vir baie van dié miljardêrs is dit nog nie ’n opsie om hul sakebelange aan hul erfgename oor te dra nie, omdat baie van die welvaart nou verweef is in persoonlike bande met hooggeplaastes in die staat.
In Amerika het die 93-jarige Sumner Redstone se fortuin van US$3,8 miljard die onderwerp van ’n bitter en openbare twis geword.
Die Sweedse miljardêr Ingvar Kamprad en Duitsland se Dieter Schwarz het die belastingrisiko vir hul pot goud gesystap deur ingewikkelde, belastingvriendelike beheerstrukture wat geskep is om hul bates te beheer wanneer hulle nie meer daar is nie.
Italië se miljardêr Leonardo Del Vecchio (81) het die Luxottica Group, die brilgroep wat die grootste deel van sy US$18 miljard-fortuin verteenwoordig, in Januarie aan Essilor International verkoop.
Del Vecchio is besig om sy welvaart aan sy kinders oor te dra en het dit gedoen om ’n familietwis oor die beheer van Luxottica te voorkom.
Warren Buffett (86), voorsitter van die beleggingsgroep Berkshire Hathaway, is die wêreld se naasrykste mens en het beloof om amper sy hele fortuin van US$79 miljard aan welsyn te skenk.
Altesaam 156 van die wêreld se superrykes het sy voorbeeld gevolg, insluitende die rykste persoon, Bill Gates. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie