Wu00eareld verenig teen pandemies
Wu00eareld verenig teen pandemies

Wêreld verenig teen pandemies

Die Covid-pandemie het die vele gebreke in die globale stelsel om mense teen pandemies te beskerm onder die vergrootglas geplaas.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Die Wêreldgesondheidsvergadering (WHA) het ingestem om ’n proses te begin om ’n historiese globale ooreenkoms te ontwikkel vir die voorkoming, voorbereiding en reaksie tot pandemies.

In ’n eenparige besluit wat daarom gemik is om die wêreld teen toekomstige krisisse van aansteeklike siektes te beskerm, het die WHA ingestem om ’n globale proses te begin om onder die grondwet van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) ’n ooreenkoms of ander internasionale instrument in dié verband saam te stel.

Die WHO se direkteur-generaal, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, het die besluit as “geskiedkundig en noodsaaklik in sy doelwit” beskryf en dit is ’n “eenkeer in ’n leeftyd” geleentheid om die globale gesondheidsargitektuur te versterk om die welstand van alle mense te beskerm en te bevorder.

“Die Covid-pandemie het die vele gebreke in die globale stelsel om mense teen pandemies te beskerm onder ’n vergrootglas geplaas. Dit sluit in die mees kwesbare mense wat sonder entstowwe is, gesondheidswerkers sonder die nodige toerusting om hul werk te verrig en ’n ‘ek eerste’-benadering wat die globale solidariteit strem wat nodig is om ’n globale bedreiging te beveg,” het Ghebreyesus gesê.

“Terselftertyd het ons ook inspirerende bewyse van wetenskaplike en politieke samewerking gesien. Van die vinnige ontwikkeling van entstowwe tot lande se goedkeuring om oor ’n globale ooreenkoms te onderhandel wat sal help om toekomstige generasies veiliger teen die impak van pandemies te hou.”

Die WHA het tydens ’n spesiale sitting vergader, die tweede ooit sedert die WHO se ontstaan in 1948 en het ’n enkele besluit aanvaar onder die vaandel ”Die Wêreld Verenig”.

Dié besluit vestig ’n onderhandelingsliggaam tussen regerings (INB) om oor ’n konvensie, ooreenkoms of ander internasionale instrument te onderhandel en ’n konsep saam te stel.

Artikel 19 van die WHO se grondwet gee aan die vergadering die mag om konvensies of ooreenkomste te aanvaar oor enige kwessie wat binne die organisasie se grondwet is. ’n Voorbeeld is die WHO Raamwerk Konvensie vir Tabakbeheer.

Die INB sal sy eerste vergadering teen 1 Maart aanstaande jaar hou en die tweede een teen Augustus 2022.

Dit sal ook openbare verhore belê en teen 2023 ’n vorderingsverslag tydens die 76ste Wêreldgesondheidsvergadering voorlê en die uitkoms hiervan vir oorweging tydens 2024 se vergadering indien. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!