Wêreld vergader oor gedwonge bekeringspraktyke
Menseregtekenners het regerings versoek om minderhede se godsdiensoortuigings in hul lande te beskerm en dwangbekering te bekamp.
Berigte van onverdraagsaamheid en diskriminasie teen nuwe godsdiensbewegings en die skending van godsdiensvryheid word ’n internasionale probleem, met al meer nuwe verslae hieroor uit Suider-Afrika.
Só lui ’n verklaring deur die Sentrum vir Studies oor Nuwe Godsdienste (Cesnur), met sy hoofkantoor in Italië, en die Belgies-gebaseerde Menseregte Sonder Grense (HRWF).
Die twee organisasies het in Oktober in Suid-Korea vergader om die aandag te vestig op wat volgens hulle ’n wêreldwye kwessie geword het.
Dit het tydens dié seminaar aan die lig gekom minderhede se godsdiensoortuigings word toenemend veroordeel en hul regte geskend.
Die seminaar in Seoel in Suid-Korea met die titel Intolerance and Discrimination Against New Religious Movements: An International Problem het spesifieke voorbeelde uitgewys waar lande nie hul burgers kon beskerm nie.
Menseregtekenners het beklemtoon die kwessie van gedwonge bekeringspraktyke en programme, ook bekend as deprogramming, moet dringend aangespreek word.
“Minderheidsgroepe is dikwels die teiken van gedwonge bekeringsprogramme, waar individue deur geweld gedwing word om hul geloof te laat vaar en hoofstroom godsdienstige sienings aan te neem. In baie gevalle word mense van godsdiensgroepe wat as kultusse bestempel word, ontvoer en aangehou as deel van die vervolging deur hul teenstanders,” lui die verklaring,
“In Suid-Korea is die verskynsel algemener, maar dié praktyk kom nie net in hierdie land voor nie. In talle lande in Suider-Afrika word geweld en vervolging van nuwe en kleiner godsdiensbewegings ook meer dikwels aangemeld.
“Koreaanse deprogrammers is gespesialiseerde predikante uit die hoofkerke, waarvan die meeste Presbiteriaans is,” sê Massimo Introvigne, ’n Italiaanse sosioloog en Cesnur se besturende direkteur.
“Optogte is gehou om die slagoffers van gedwonge bekeringspraktyke te herdenk. In ’n verslag oor godsdiensvryheid en die skending van hierdie basiese mensereg, wat in 2019 deur die VSA se staatsdepartement uitgereik is, word ook na hierdie optogte verwys,” sê hy.
“Daar was nuwe gevalle van hierdie gedwonge bekeringsprogramme – selfs ná slagoffers se dood.”
Willy Fautré, stigter en direkteur van HRWF, sê ’n multidimensionele strategie is nodig om die probleem op te los, wat by die Presbiteriaanse Kerk se leierskap begin, wat die praktyk verdra, onderskryf en verantwoordelikheid daarvoor neem.
Hy het ’n beroep op die ontwikkeling van voorspraak by die Verenigde Nasies gedoen om te verseker godsdiensvryheid word beskerm en oortreders betrokke by gewelddadige en gedwonge bekeringsprogramme word vervolg.
In ’n ope brief aan Suid-Korea se president Moon Jae In, wat in Julie deur 15 internasionale nieregeringsorganisasies onderteken is, is die land potensieel bestempel as “die laaste demokratiese land ter wêreld waar gedwonge bekeringsprogramme steeds geduld word”.
Moon is versoek om bewerings hiervan dringend te ondersoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie