• Tuisblad
  • Sport
  • Wêreldatletiek keur drie van Mboma se wêreldrekordtye af
Wu00eareldatletiek keur drie van Mboma se wu00eareldrekordtye af
Wu00eareldatletiek keur drie van Mboma se wu00eareldrekordtye af

Wêreldatletiek keur drie van Mboma se wêreldrekordtye af

Slegs haar Olimpiese silwer-wentyd word as 'n wêreldrekord erken. Haar afrigter Henk Botha sê die les is geleer, dat die Namibiërs volgende keer ná 'n rekordtyd op toetsing vir verbode middels sal aandring.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Drie van Christine Mboma, Namibië se wonderkind en silwermedaljewenner van die 2020 Olimpiese Spele, se ander wêreld­rekordtye verlede jaar is deur Wêreldatletiek vir bekragtiging afgekeur – klaarblyklik merendeels die skuld van die byeenkoms se organiseerders eerder as van die atleet.

Mboma, wat skaars twee maande voor die Tokio-spele haar fokus van die 400 meter na die 200 moes ver­skuif, het op 9 September 'n nuwe junior wêreldrekord opgestel toe sy die 200 vir vroue by die Wanda Diamantliga-eindbyeenkoms in Zürich, Switserland gewen het.

Wêreldatletiek (WA) het egter die laasgenoemde wentyd van 21.78 – wat andersins haar persoonlike beste oor dié afstand sou wees – as “onbekragtig” gekategoriseer.

Die rede wat vir dié besluit verstrek is, is aangesien geen toetse vir die gebruik van verbode middels by dié geleentheid uitgevoer is nie.

Die Namibiese atleet het 'n wentyd van 21.78 sekondes aangeteken om 'n sterk veld te klop wat Shericka Jackson van Jamaika en Brittanje se Dina Asher-Smith ingesluit het. Jackson moes met die tweede plek tevrede wees, ondanks haar persoonlike beste tyd van 21.81 sekondes, met Asher-Smith derde in 22.19.

Twee ander rekordtye wat Mboma by die Olimpiese Spele in Tokio tydens die uitdun en die semifinaal opgestel het, is ook afgekeur.

Op 30 Junie het sy in Pole die onder 20-wêreldrekord vir die 400 meter, haar voorkeuritem, met 'n verstommend 48.54 verbeter. Twee dae later is sy egter ingelig dat sy nie meer in die 400 meter mag meeding nie weens haar liggaam se natuurlike hoë testosteroonvlak.

WA se regulasies bepaal dat vroulike atlete met te hoë testosteroonvlakke nie in enige wedloop tussen 400 en die myl kan meeding nie, tensy hulle hul vlakke kunsmatig verminder. Mboma word geklassifiseer as met 'n atleet met Verskille in Seksuele Ontwikkeling (DSD) en word gevolglik uitgesluit van haar gunsteling item, die 400 meter.

Sy het gevolglik haar fokus vir die Olimpiese Spele oorgeskakel na die 200, nadat sy ook reeds daarin gekwalifiseer het.

In die 200 meter-uitdun by die Spele het Mboma 22.11 opgestel om haar uitdun te wen. In die halfeindstryd het sy in 21.97 in die tweede posisie agter Elaine Thompson-Herah gekwalifiseer vir die finaal, waar sy die silwer in 21.81 agter Herah ingepalm het wat 21.53 vir die goud behaal het.

Mboma se silwer-wentyd van 21.81, wat 'n o.20-vrouewêreldrekord is, is bekragtig, maar haar tye in die uitdun en semifinaal wat destyds ook o.20-rekords sou wees, is nie bekragtig nie, met Wêreldatletiek wat “geen toetse vir verbode middels” as die rede aanvoer.

Agtien dae nadat sy Namibië se eerste Olimpiese Spele-medalje ingepalm het sedert Frankie Fredericks sy vierde en laaste Olimpiese silwer gewen het en die eerste vroulike medaljewenner by die Spele uit haar land geword het, het Mboma die Wêreld Onder-20-titel in Kenia gewen. voordat sy in September twee keer 'n blitsslag gekry het. veld van hoë gehalte in die Diamantliga, wat die eindstryd self in Zürich gewen het om die jaarlikse titel te verower.



AFRIGTER HENK VERDUIDELIK

Henk Botha, afrigter van Mboma en Beatrice Masilingi, het aan die koerant gesê protes teen Wêreldatletiek se besluite word in die hande van die twee atlete se Suid-Afrikaanse agente gelaat.

“Die agente het baie agtergrond oor dié onderwerp en het 'n sterk belang om vir hul atlete die geldelike aansporingsbonusse te verseker wat deur borge vir die opstel van wêreldrekords op die spel geplaas is.”

Botha sê benewens Mboma is vele ander atlete in dieselfde bootjie, deurdat hulle by die Olimpiese Spele se uitdunne of semifinale hul topprestasies opstel sonder om noodwendig na die finaal deur te dring – maar daarna word die rekordtye afgekeur omdat geen toetse vir opkikkers of steroïede ná hul wedlope uitgevoer is nie.

“As jy op Wêreldatletiek se webtuiste na so 'n atleet se bladsy gaan, sal dan langsaan sy of haar beste tye met 'n asterik aangedui word dat die beter prestasie nie erkenning gekry het nie.”

Botha sê die uitbetaling van die aanloklike geldpryse van die Diamant­liga-finaal is nie in die gedrang nie; net die erkenning van Mboma se o.20-wêreldrekord.

“Wat in Zürich gebeur het, is dat die vroue 200 meter een van die laaste items op die aand se program was. In retrospek moes ons seker ná haar o.20-wêreldrekordtyd daarop aangedring het dat middeltoetsing wel uitgevoer word, maar die feesvieringe en afsluitingseremonie het onmiddellik daarna begin en die toetse is uiteindelik nooit gedoen nie.

“Dit was seker deels nalatigheid en onkunde aan ons kant, maar Chris­tine is steeds onder-20 en ek glo sy is in staat om haar rekordtye verder te verbeter; ons sal dus volgende keer wel versoek dat toetsing uitgevoer word.”

Botha sê namens Mboma word ook steeds met Wêreldatletiek oor erkenning van haar sensasionele 400-tyd in Junie in Bydgoszcz, Pole (48.54) geredekawel.

– Bykomende bron: Lynette Matheka, Mozzartsport (Kenia)





DIE LYS van wêreldrekordtye gedurende 2021 wat Wêreldatletiek afgekeur / nie bekragtig het nie:

• O.20 vroue binnenshuise 400 m: 50.52 Athing Mu (VSA) in College Station, 6 Februarie (geen toetse vir verbode middels).

• Vroue 5 km: 14:41 Beth Potter (Groot-Brittanje) in Barrowford 3 April (onvoldoende beamptes en geen toetse vir verbode middels).

• Vroue 5 km: 14:39 Karoline Bjerkeli Grovdal (Noorweë) in Sor-Oda, 1 Mei (dis bevind dat die roete met 12.5 meter te kort was).

• O.20 vroue 200 m: 22.11 en 21.97 Christine Mboma (Namibië) in Tokio, 2 Augustus (geen toetse vir verbode middels).

• Vroue halfmarathon: 1:03:44 Yalemzerf Yehualaw (Ethiopië) in Larne, 29 Augustus (dis bevind dat die roete met 54 meter te kort was).

• O.20 vroue 200 m: 21.78 Christine Mboma (Namibië) in Zürich, 9 September (geen toetse vir verbode middels).

• Vroue 5 km: 14:39 Dawit Seyaum (Ethiopië) in Lille, 6 November (geen toetse vir verbode middels).

FOTO
Christine Mboma juig op die onsterflike oomblik van haar silwermedalje-vertoning by die Olimpiese Spele in Tokio laas Augustus. Foto Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-09-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce | Atalanta 2 vs 3 Como European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A