Wu00eareldbekende pianis in Windhoek
Wu00eareldbekende pianis in Windhoek

Wêreldbekende pianis in Windhoek

Die wêreldbekende pianis Simon Ghraichy tree 20 Februarie vir die eerste keer in Namibië op.

Dit sal deel wees van sy Afrika-toer, wat hom ook na Angola en Kenia sal neem.

Simon is 'n Franse pianis met Mexikaanse en Libanese wortels.

Hy is bekend vir sy unieke persoonlike styl met ryk, diverse kulturele invloede.

Sy onberispelike smaak en charismatiese persoonlikheid is wat Simon gewild maak.

Plekke soos die Berliner Philharmoniker, Theatre of Champs-Élysées in Parys en die Carnegie-saal in New York het 'n dramatiese afname in hul gehoor se gemiddelde ouderdom gesien sedert Simon se konserte.

Hy het al as solis en saam met orkeste opgetree, in kamermusiek en solo-uitvoerings in musieksale oor vyf kontinente.

Simon se openbare uitvoering in Windhoek vind by die Nasionale Teater van Namibië plaas.

Aangesien die FNCC met Simon bekend is, sal die pianis tydens sy besoek 'n meesterklas vir Namibiese pianiste by die FNCC aanbied.

Kaartjies sal binnekort by Computicket en by NTN teen N$150 beskikbaar wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!