Wêreldbeker se vangplek steek dwars in die krop
Die Namibiërs en Suid-Afrikaners is nie deur die regulasies begunstig nie.
Des Erasmus - Namibië se beste vrouehengelaars het vis gaan soek, maar met die houtlepel teruggekom. Die Namibiese mans het beter gevaar, maar ook maar net.
Die Wêreldbekerhengelkompetisie met Langebaan langs Suid-Afrika se weskus as basis was 'n belewenis, maar al wat die toerspan kon wys, was 'n merkwaardige prestasie deur Hennie Roets uit hul geledere.
Twintig manspanne en twaalf vrouespanne van baie lande het aan die kompetisie met Langebaan as gasheer deelgeneem. Uit die twintig manspanne het die Namibiërs die 18de plek beklee toe al die lyne opgetrek moes word.
Onder die twaalf vrouespanne het die Namibiërs die laaste plek beklee.
Hennie Roets het die oë op die tweede hengeldag laat rek toe hy 73 sandhaaie binne die bestek van vier uur gevang het.
In die vangste was net enkele eetbare spesies. Dit was die enkele kabeljoutjies en die paar knorhane wat plek-plek uitgekom het onder die haaitjies en sandhaaie wat gewemel het.
Terwyl op Langebaan en in die geweste gebly is, was die vangplekke hoofsaaklik by Dwarskersbos. Juis dié vangplekke het die Namibiërs dwars in die krop gesteek. Hulle ken taamlike vrye bewegings op die strand, maar hier was hul vangplekkie beperk tot 'n afgebakende kampie. As dit nie die blyplek van 'n paar vissies sou wees nie, kon hulle maar los.
Ook die tegnieke is anders in die vlak water – op plekke kwalik dieper as 'n meter. Anders as Namibië se twee word drie hoeke met aas aan die strop gelas.
Die toestande het ook nie die Suid-Afrikaners op tuisbodem begunstig nie. Onder die mans het Suid-Afrika die 13de uit die twintig beklee en die buurman se vroue was agtste uit twaalf deelnemende spanne. Die afdeling vir mans is deur Brasilië gewen en dié vir vroue deur Portugal.
Onder die Namibiërs met hul netjiese spandrag het 'n uitstekende spangees geheers. Dit is 'n spangees waarop Namibië gaan reken wanneer 'n volle toetsreeks teen Suid-Afrika in die eerste week van Desember met Hentiesbaai as basis beslis gaan word.
Binne 'n afgebakende vanggebied sal die Namibiërs dan weer strandlangs mag beweeg om in te gooi waar hulle wil.
BUURLAND HOU WÊRELDSPELE
Van 3 000 tot 4 000 vistermanne van alle wêrelddele gaan in 2019 op Suid-Afrika toesak wanneer hengel se Wêreldspele deur Suid-Afrika aangebied gaan word.
Dit was van die belangrike nuus waarmee lede van Namibië se hengelspanne tydens die Wêreldbeker van Langebaan in Suid-Afrika teruggekeer het.
Die Namibiërs was verslane, maar wyser as voor hul vertrek.
Dit is 'n haas uitgemaakte saak dat Namibië aan verskeie fronte verteenwoordig gaan word wanneer die ganse spektrum van hengel tydens die Wêreldspele aangebied gaan word.
Inligting oor die hengelfees is tydens die Wêreldbeker by Langebaan aan spanne verstrek.
Van die verskillende vertakkinge van hengel waarvoor tydens die Spele voorsiening gemaak gaan word, is rots- en strand, varswater, ligtegerei boot, diepsee en vergooi.
Die vangery sal by plekke aangebied word wat vir die verskillende vorms van visvang bekend geword het. In die proses sal van die Kaapse waters tot by Durban beweeg word en sal daar keuses wees van waar varswaterhengelaars in die binneland wil gaan ingooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie