Wêreldbeker snel vinnig nader

Afrigter Erwin Handura se vrouespan is oorgehaal om hou vir hou met die topspanne saam te praat.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die lank verwagte groot oomblik breek môre vir die Namibiese vrouehokkiespan aan met hul eerste twee wedstryde by die binnenshuise Wêreldbekertoernooi in Berlyn, Duitsland.

As enigste verteenwoordigers van hul vasteland maak die Namibiërs ná sewe jaar hul terugkeer tot die wêreldtoernooi, ná hul enigste vorige verskyning in 2011 in Pole.

Die kaptein Maggy Mengo en Marcia Venter is die enigste twee oorblywende spelers wat vir ’n tweede keer in ’n Wêreldbeker sal speel. Mengo het reeds aangedui dat sy beoog om ná dié toernooi as nasionale speler uit te tree om onder meer ’n akademie op die been te bring waar plaaslike talent ontwikkel kan word.

Aan die ander kant van die spektrum is Kiana-Che Cormack op 16 jaar, ses maande en vier dae een van die jongste spelers in die ganse toernooi. Haar ma Shayne was ook ’n voormalige nasionale speler wat in 2011 in die tiende plek uit twaalf spanne klaargemaak het.

Die Namibiërs is tans 14de op die wêreldranglys en open môre om 11:35 plaaslike tyd (12:35 Namibiese tyd) hul aanslag teen die Tsjeggiese Republiek.

Die gasheerspan Duitsland, tans tweede op die wêreldranglys ná Nederland, word môreaand om 18:20 plaaslike tyd die stryd aangesê. Donderdag wag nog twee wedstryde teen Australië en Oekraïne. Vrydagoggend is hul finale groepwedstryd teen Rusland, voordat die uitspeelwedstryde vir finale posisies begin.

Die Namibiese toergroep, met Seaflower as die hoofborg van hul toer, het Sondagaand in Berlyn aangekom nadat hulle sedert 26 Januarie ’n oefenkamp in Keulen gehou het.

Afrigter Erwin Handura het gister gesê die span het agt oefensessies sedert hul vertrek na Europa gehad.

“Ons het ook ses wedstryde gespeel waarvan ons drie gewen, twee verloor en een gelykop gespeel het. Ons het ook reeds twee oefensessies hier in Berlyn gehad.”

Volgens Handura sou sy span gisteraand ’n vriendskaplike wedstryd teen die VSA speel. “Ons sal egter nie ons normale aanvallende wedstrydplan ten toon stel nie, omdat al die spanne nou reeds reeds hier in Berlyn aangekom het.”

Vandag sal die Namibiërs hul land se ambassade besoek, voordat afrigter Handura later sy taktiese ontleding en beplanning vir die wedstryd teen Tsjeggië in ’n videosessie aan die spelers sal uiteensit.”

Handura het onlangs ook die Europese kampioenskap as toeskouer bygewoon om die opposisie eerstehands deur te kyk.

Vanweë die blitsige tempo van die binnenshuise spel waar aanval en verdediging oombliklik kan verwissel, kan geen span reken dat ’n beter posisie op die wêreldranglys hom gaan deurdra nie. “Ons kanse is 50-50, soos enige van die ander spanne. Jou geestelike ingesteldheid vir die wedstryd en jou huidige spelpeil is al wat tel,” het Handura voor hul vertrek gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!