Wu00eareldbiddag vir Vroue vandag gevier
Wu00eareldbiddag vir Vroue vandag gevier

Wêreldbiddag vir Vroue vandag gevier

Ronelle Rademeyer
Dit is vandag Wêreldbiddag vir Vroue en Namibiese vroue sal saam met vroue in 169 ander lande op al sewe die vastelande in gebed kniel.

Dit volg op die Wêrelddag van Gebed wat jaarliks op 6 Maart plaasvind. Zimbabwe is gekies as die land op wie daar in besonder gefokus sal word.

Die tema vanjaar is: “Staan op, neem jou slaapmat en loop.” Die tema nooi vroue om oor grense heen ’n verskil in hul gemeenskappe te maak en vrede, respek vir mekaar, versoening en liefde te verkondig. Dit is die een dag waarop vroue hande vat en oor taal-, kultuur-, politieke- en kerkgrense heen, en saam bid vir die genesing van hul onderskeie gemeenskappe.

In Windhoek vind die gebedsaamtrek vandag om 14:00 in die Martin Luther-gemeente in Khomasdal plaas.

Dié biddag het 133 jaar gelede in die VSA ontstaan toe vroue uit die Presbiteriaanse kerk ’n dag van gebed aangekondig het om vir sendelinge, asook die nagevolge van slawerny, te bid.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!