Wêreldblik op plaaslike veeproduksie
Namibië is klein in vergelyking met ander internasionale markte en kan op verskeie gebiede verbeter wat bees- en skaapproduksie betref.
Elvira Hattingh - As dit by lewende skaapuitvoere kom, tel Namibië onder die wêreld se top tien lande.
Dit beklee tans die sewende plek op die wêreldranglys.
Terselfdertyd neem Namibië die 28ste plek in op die wêreldlys vir lewende beesuitvoere, hoewel die plaaslike beesbedryf minder beesvleis as 10 jaar gelede produseer.
Dr. Claus Deblitz, adjunkdirekteur van die Thünen-instituut vir Plaasekonomie in Duitsland, asook mnr. Ernesto Reyes het gister tydens die 17de Agri Benchmark-konferensie gepraat oor Namibië se mededingendheid wat sy skaap- en beesproduksie in ’n wêreldkonteks betref.
Deblitz het gesê Namibië beklee die 20ste plek as dit by skaapvleisuitvoere in tonne gemeet, kom en die 32ste plek vir beesvleisuitvoere.
“Op die wêreldlyste kan gesien word Namibië se bedrywe is relatief klein.
“Daar is ook tussen 2005 en 2017 ‘n negatiewe neiging te bespeur as dit kom by die produksie en plaaslike verbruik van beesvleis, terwyl ‘n effens stygende prys in beesuitvoere te bespeur is,” het Deblitz gesê.
Hy is ook die hoof van Agri Benchmark, waaraan nagenoeg 40 organisasies (soos die Vleisraad) uit 30 lande behoort.
Die konferensie word elke jaar in ’n ander lidland aangebied en dit is die eerste keer dat Namibië ’n beurt kry.
GOEIE EN SLEGTE
Deblitz sê daarteenoor het prysontwikkeling, of die prys vir bees per kg sedert 2005, groei getoon.
Hy het gesê Namibië het die voordeel dat sy produkte gereken word as produkte van goeie gehalte, dat ons naspoorbaarheidstelsel in ons guns tel en dat die land die beeld het dat beesvleis “natuurlik” geproduseer word.
“Julle het ook ‘n sterk uitvoerbedryf en toegang tot markte wat bereid is om te betaal. Terselfdertyd kan julle jul boerderye met nog ‘n vorm van inkomste kombineer, soos byvoorbeeld jag,” het Deblitz gesê.
Alles is egter nie rooskleurig nie.
Hy het gewaarsku Namibië is báie afhanklik van Suid-Afrika, wat ‘n voordeel, maar ook ‘n nadeel kan wees.
Deblitz sê Namibië se twee grootste uitvoerbestemmings is Suid-Afrika en Engeland, maar plaaslike uitvoere het sedert byvoorbeeld 2000 en 2001 drasties afgeneem.
Terselfdertyd krimp die plaaslike verbruik van beesvleis.
Volgens hom is klimaatsverandering ‘n faktor wat plaaslike beesprodusente in berekening sal moet bring, terwyl onopgeloste kwessies oor die gebruik van landbougrond en eienaarskapkwessies ook teen die plaaslike bedrywe tel.
Hy het gewaarsku hy glo die beesbedryf, oftewel vleisbedryf se grootste mededinging gaan vleis gaan wat in laboratoriums vervaardig word.
SKAAPBEDRYF
Reyes het op die konferensie gesê Namibië se skaapbedryf, in vergelyking met die res van die wêreld, se winsvlakke en vleispryse is goed. Dit, terwyl produsente se totale koste, asook koste vir voer laag is.
Hy het gewaarsku die pryse vir skaapvleis is internasionaal besig om soveel te klim dat dit binnekort as ‘n niche-produk gereken kan word, wat beteken dit kan die volume van dié mark drasties verlaag.
Hy sê daar bestaan egter ‘n sterk internasionale vraag, in plekke soos China, na skaap- en wolprodukte.
“Die toekoms van skaapproduksie is egter in ontwikkelde lande, soos Afrikalande, se hande. Die rede is dat lande soos byvoorbeeld Australië nie nog meer sal kan produseer nie, terwyl groei in die bedryf beslis ook nie van ontwikkelde lande sal kom nie.”
Reyes het gewaarsky die produksie, verbruik en handel van skaapvleis sal geraak word deur onder meer klimaatsverandering, China se ekonomiese groei, Amerika se handelsbeleid en Brexit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie