Wu00eareldbloedskenkdag gevier
Wu00eareldbloedskenkdag gevier

Wêreldbloedskenkdag gevier

Tanja Bause
Tanja Bause



Lande dwarsoor die wêreld het gister Wêreldbloedskenkdag gevier.

Dié jaar lui die slagspreuk “Wat kan ek doen?”, met die antwoord: “Gee bloed. Gee nou. Gee gereeld.”

In Namibië is daar tans 21 635 geregistreerde bloedskenkers. Dit is minder as 1% van die land se populasie. Tydens die viering van dié dag by die Namibiese bloedoortappingsdiens (Nambts) in Windhoek, het mnr. Alex Howard vertel hoe hy, ná hy in 'n motorfietsongeluk betrokke was, 20 eenhede bloed tydens sy operasie ontvang het. Dit het sy lewe gered.

“Ek is nou ook 'n gereelde bloedskenker omdat ek eerstehandse ervaring het van hoe belangrik bloed is en dat die skenk daarvan mense se lewens kan red. Dit het myne gered,” het hy gesê.

Mense tussen die ouderdomme van 16 en 65, wat 50 kilogram of meer weeg, en wat gesond is, kan bloedskenkers word.

Belangstellendes kan Vrydag in Windhoek by die Wernhill-sentrum en Maerua Mall bloed skenk van 09:00 af tot 15:30, of by die Nambts-hoofkantoor in Talstraat van 07:00 tot 16:00 en hul kantore in die United House in Onafhanklikheidsrylaan van 8:30 tot 16:00. Vrydag kan mense ook in Swakopmund by die FT-groep tussen 10:00 en 15:00 bloed skenk.

Saterdag kan lede van die publiek by die Maerua Mall en Grove Mall van 09:00 tot 14:40 bloed skenk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!