Wêreldeerste: Mej. Heelal kry transgender-finalis
Of sy wen of nie, Mej. Heelal se heel eerste transgender-finalis wil geskiedenis as rolmodel vir transgender-tieners oor die wêreld heen maak. Angela Ponce (27) van Spanje het vroeër vanjaar haar land se kwalifiserende ronde teen 22 ander deelnemers gewen en sal die land by Mej. Heelal, wat Sondag in die Filippyne plaasvind, verteenwoordig.
Express UK berig dit is die eerste keer in die kompetisie se geskiedenis dat ’n transgender-vrou een van die Mej. Heelal-finaliste is.
Haar plan is volgens USA Today om die kollig te plaas op die hoë selfdoodsyfer onder transgender-tieners, asook regulasies wat wêreldwyd teen hulle diskrimineer.
“As ek deur dit alles gaan om te sorg dat die wêreld ’n stappie vooruit gaan, dan is dit ’n persoonlike kroon wat altyd by my sal wees,” het sy aan The Associated Press gesê.
Haar doel is om ’n boodskap van insluiting, respek en diversiteit uit te dra.
“Nie net vir die LGB-gemeenskap nie, maar ook vir die hele wêreld.”
Die Mej. Heelal-organisasie het sy verbod op transgender-deelnemers in 2012 opgehef.
Dié besluit het gevolg nadat Jenna Talackova, ’n model, die owerhede met regstappe uitgedaag het. Gloria Allred, Amerika se bekendste prokureur, het die saak toe oorgeneem omdat die organisasie deur pres. Donald Trump besit is. Sy het die kompetisie én Trump persoonlik aangeval. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie