Wêreldgebeure wat die mensdom sprakeloos gelaat het
’n Pandemie wat 2020 binne vier maande kan verwoes, wêreldwyd.
Riaan Robberts, Pro-Ed Akademie
Van globale ekonomiese markte tot 2020 se Olimpiese Spele. Hierdie virus wat ontstaan het in China, het die mag om ’n Europese land op sy knieë binne vier maande te bring. Dit is wat ’n mens sprakeloos noem.
Tydens die skryf van hierdie stuk, was ons vir ’n maand ingeperk – jy mag nie jou huis verlaat om strand toe te gaan of om vir vriende te gaan kuier nie. Jy mag net kruidenierswinkels besoek en besighede moes toemaak – met geen inkomste!
Hierdie “30-dae-inperking” se beskrywing is baie kort, want dit is met nóg twee weke in Namibië en Suid-Afrika verleng. Dit was so vinnig, alles wat vir ons normaal was, alles wat ons aanvaar het, het oornag verdwyn. Alles het so vinnig vererger.
Die Covid-19-pandemie – een geval het na 2 024 676 gevalle wêreldwyd op 15 April 2020, volgens die webwerf www.worldometer.com, toegeneem. Die syfers staan op 30 Augustus op 25 339 657. Die sterftesyfer beloop 849 324 en tot dusver het 17 657 099 mense herstel.
Dit groei daagliks en ons sprakeloosheid selfs nog meer. Namibië se syfer klim nog elke dag, en ons het nou al meer as 6 000 gevalle. Ons bekommernisse word net groter en groter en op almal se lippe – besighede vou, salarisse word gesny en honderde is in ’n oogwink werkloos.
Wat die wêreld die ergste tref van hierdie pandemie is: sy ekonomie, want alle markte het geval – volgens www.businessinsider.com het die brandstof verkope met 10% gedaal, want alle invoere en uitvoere is wêreldwyd stopgesit.
Die wêreld het gedink hulle is voorbereid vir hierdie pandemie, totdat hy sy kloue ’n paar maande gelede ingeslaan het.
So vinnig beheer een virus die hele wêreld. Covid-19 het die sterkste land – die VSA oorwin. Italië het van 28 Februarie 2020 tot en met 15 April vanjaar 23 227 sterftes gehad, wat ’n toerismeland totaal verwoes het. Op 24 Maart 2020 het die president van Sjina, Xi Jinping, die Olimpiese Spele van 2020 uitgestel na 2021 toe. Laat dit jou nie sprakeloos as hierdie virus die mag het om ’n Olimpiese Spele uit sy pad te verwyder – sommer net so?
Dit maak my bang!
Ons as Namibiërs is ver agter die wêreld, eintlik is alle Afrikalande agter met enige iets wat in die wêreld aangaan. Ons moet dankbaar wees vir die feit dat ons land nie so digbevolk is nie, want ons hospitale sou nie die mas opkom nie, en dit was president Hage Geingob se eie woorde in sy nasionale persverklaring rondom die Covid-19-pandemie.
Die inwoners van elke land moet die reëls nakom en by hulle huis bly – daar is vir ons gesê dit is hoe ons die verspreiding stop, ons moet 1,5 meter uit mekaar uit staan in die winkelsentrums. Outomaties vat hierdie regulasies almal in die wêreld uit hul gemaksone uit, wat ons almal in elk geval sprakeloos laat.
Die wêreld is onseker oor Covid-19 en wat dit vir die toekoms inhou – niemand weet wat wag nie en wat kom nie. Tog voel dit vir my die virus toets ons geloof, want dit dwing nou baie mense op hul knieë om te vra vir beter dae, maar die ironie is; die virus het ook baie positiewe aspekte. Ewe skielik is die aarde se osoonlaag besig om te herstel nou dat fabrieke toe is, vissies en dolfyne keer terug na Venesië se kanale, Sjina kan weer die blou lug sien, aangesien daar minder lugbesoedeling is en families wat te besig vir mekaar was, kry nou tyd vir mekaar.
Probeer God ons waarsku? Probeer Hy vir ons sê die wêreld is besig om homself te verwoes? Jesaja 26:20 sê: “Gaan in julle slaapkamers in, my volk, sluit die deure agter julle toe. Kruip ’n rukkie weg tot God klaar is met straf”. Dit laat my sprakeloos.
(*Geskryf in April 2020, as ’n feitelike opstel)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie