Wêreldkampioen haal nie Sporttoekennings
Skietsport
Andrew Poolman - Verteenwoordigers van verskeie sportkodes is steeds stomgeslaan dat van hul presteerders nie die paal gehaal het om finaliste by môreaand se nasionale Sporttoekennings vir 2016 van die Namibiese Sportkommissie te wees nie.
Francois Marais het in Junie vanjaar die goue medalje ingepalm by die wêreldkampioenskap in jaggeweerskiet wat by Heja Lodge aangebied is. Dit was in die 222/223 kaliberklas, waarin hy tans ook die nommer een posisies op die wêreldranglys inneem.
Twee maande tevore het hy by die Namibiese Top 30-kampioenskap, ook by Heja Lodge, ook die eerste Namibiër geword wat ''n volmaakte telling van 902 uit 902 behaal het.
Marais is ''n ewe vernuftige boogskutter. In Januarie vanjaar is die Afrika-kampioenskap ook in Windhoek aangebied, waar hy die goue medalje met die saamgestelde boog verower het. Vir die span was daar ''n bronsmedalje.
Hy is tans elfde op die kontinentale ranglys vir boogskiet.
Marais se vriendin, Karola Woortman, is die sekretaris van die Namibiese Boogskietfederasie, wat met die Namibiese Skietunie ''n gesamentlike nominasievorm oor Marais se prestasies saamgestel, onderteken en by die Sportkommissie ingehandig het.
Die 25-jarige Marais is in die kategorie as sportman van die jaar ingeskryf, waarin die bokser Paulus Ambunda, die marathonhardloper Mynhardt Kauanivi en De Wet Moolman (karate) die finaliste is.
In ''n Olimpiese sportjaar is dit ooglopend dat prestasies in Rio de Janeiro die swaarste behoort te weeg. In beide boogskiet en die vuurwapensporte is daar egter net sekere dissiplines wat wel by die Olimpiese program ingesluit word.
Antwoorde uit die geledere van die beoordelaars kon nie met sekerheid verkry word nie, omdat die lede van die paneel nie toegelaat word om oor die proses uit te praat nie.
Die voorsitter van die beoordelaars, Lesley Tjiueza, het wel gesê dat hy ''n voorstander is dat die sportpubliek na afloop van môreaand se spoggeleentheid by die Windhoek Buiteklub meer insae in die beoordelaars se taak kry.
GIMNASTE
''n Klaarblyklike misverstand of fout in die kommunikasiestelsel het glo ook daartoe gelei dat die Namibiese Gimnastiekfederasie se benoemings ook nie voor die spertyd die beoordelaars bereik het nie.
Een van die NGF se sterkste inskrywings is waarskynlik die junior en senior trampolienspan wat die afgelope Augustus-September by die Afrika-kampioenskap op Walvisbaai twee goue medaljes voor Suid-Afrika en Egipte weggeraap het. Dit was in die trampolien asook die dubbele mini-trampolien.
Dié Namibiese spanlede was Charlize van Zyl (15), Carané van Zyl (13), Meagan le Roux (12), Thalia Loveira (14) en Nicole Gruhn (13).
Die NGF se ander benoemings was Emile Pitt vir die kategorie beste vordering; Katja Serrer (sportvrou van die jaar) en Josef Nawemab (sportman van die jaar).
Die finaliste vir Namibiese sportspan van die jaar is die senior nasionale rugbyspan; die senior vrouehokkiespan en die Paralimpiese 4x100 aflosspan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie