Wu00eareldkenner oor Covid-variante op Doctors in Debate
Wu00eareldkenner oor Covid-variante op Doctors in Debate

Wêreldkenner oor Covid-variante op Doctors in Debate

In Donderdag se regstreekse aanlyn uitsending is twee ­gerekende internasionale professore saam met plaaslike spesialiste deel van die paneel.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Wat het frontliniedokters en -wetenskaplikes tydens die verwoestende derde Covid-19-golf geleer en is die gesondheidswêreld beter toegerus vir die vierde aanslag?

Dit is die onderwerp van die derde gesprek in Namibia Media Holdings (NMH) se regstreekse aanlyn ­uitsending, Doctors in Debate, wat weer Donderdagaand om 17:30 plaasvind. Dié keer is twee gerekende internasionale professore saam met ­plaaslike spesialiste deel van die paneel.

Die een is prof. Tulio de Oliveira, 'n bioinformatikus aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en die Fakulteit Natuurwetenskappe en is ook direkteur van die KwaZulu-Natal Navorsingsinnovasie- en volgordeplatform (KRISP) aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Hy lei die wetenskaplikes en openbare gesondheidsamptenare in Afrika wat saamwerk om genomika-opleiding en -fasiliteite uit te brei sodat die vasteland robuus op die wêreldwye Covid-19-pandemie kan reageer. As Afrika agtergelaat word, kan dit in 'n teelaarde vir nuwe Covid-­variante ontwikkel, het hulle gewaarsku in 'n artikel wat pas in Science gepubliseer is.

Die ander paneellid is prof. Burtram Fielding. Hy is die direkteur van navorsingsontwikkeling aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK).

Hy is 'n molekulêre bioloog wat sedert 2003 hoofsaaklik sy navorsing op coronavirusse skoei. Hy was 'n navorsingsgenoot by die Instituut vir Molekulêre- en Selbiologie in Singapoer toe die coronavirus, bekend as SARS-CoV, 'n uitbreking van ernstige akute respiratoriese sindroom (SARS) veroorsaak het.

Net soos die vorige keer, sal plaas­like frontliniedokters ook aan die gesprek deelneem.

Dr. Stephan van der Westhuizen sal die gesprek ­modereer.

Skakel in op Republikein se Facebook-blad om dit te volg.

[email protected]

FOTO
Die derde aanlyn gesprek in die Doctors in Debate-reeks vind Donderdagaand om 17:30 plaas. Foto NMH Events

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!