Wu00eareldomgewingsdag fokus op wildlewe
Wu00eareldomgewingsdag fokus op wildlewe

Wêreldomgewingsdag fokus op wildlewe

Shifeta pleit vir skoon land
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die stropery van olifante en renosters in Afrika het 'n kritieke vlak bereik en moet onder beheer gebring en dringend uitgeroei word.
Dít is die boodskap van die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, op Wêreldomgewingsdag wat jaarliks op 5 Junie gevier word. Vanjaar se tema vir die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldomgewingsdag fokus op die onwettige handel in wildlewe. Die tema is " Gaan wild vir lewe" .
Shifeta sê olifante en renosters is die ikone van Afrika en die geleentheid om hulle in hul natuurlike habitatte te sien, is een van die groot trekpleisters vir toeriste.
" Namibië het 'n dramatiese styging in stropingsgevalle die afgelope jare ervaar en ons is bewus van die verhoogde, gesofistikeerde stropingsoperasies in ons land," het Shifeta gesê.
" Ons gemeenskappe is ons belangrikste vennote in ons stryd teen stropery."
Namibië as deel van die VN en wêreldgemeenskap sluit aan by die hele wêreld om Wêreldomgewingsdag onder die plaaslike tema, " Namibië is nie 'n asdrom nie" , te vier. Die doelwit van vanjaar se vieringe is om bewustheid te skep van die risiko's van vullis en hoe dit die omgewing en die mens se gesondheid beïnvloed.
Shifeta meen Namibië is besig om sy beeld as die skoonste land in Afrika teen 'n vinnige spoed te verloor weens vullis wat aanstootlike tonele in die meeste van die land se dorpe en langs die paaie skep.
" Dit skep nie slegs 'n swak indruk vir ons besoekers en toeriste nie, maar is 'n gevaar vir ons mense en diere," het die minister gesê.
Hy sê die ministerie werk nóú saam met die streekrade, plaaslike owerhede en gemeenskappe om hierdie probleem te takel en die bestuur van afval te moderniseer.
" Dit sal help om ons trotse beeld as die skoonste land in Afrika terug te bring, asook die trots van Namibiërs op hul omgewing en meer geleenthede vir Namibië se toerisme te herstel."
" Voorts hou onbehoorlike afvalbestuur 'n risiko in om die grond, lug en water met gifstowwe en chemikalieë te besoedel. Afval kan gevaarlik wees en kan vir 'n lang tyd in die omgewing aanwesig wees."
Shifeta sê om te voorkom om ekostelsels te beskadig en 'n goeie lewensgehalte te handhaaf, moet afval deeglik bestuur word. " Ons moet ons leefstyl verander deur die drie R'e, 're-use', 'recycle' en 'reduce' te aanvaar.
Hy meen op dié dag moet gefokus word om die omgewing skoon en veilig van afval te hou.
" Ons moet nooit moeg raak om die omgewing te red nie. Die regering kan dit nie alleen doen nie en elkeen van ons moet help om die omgewing te beskerm," het Shifeta gepleit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!