Wu00eareldpresident gee The Dome jawoord
Wu00eareldpresident gee The Dome jawoord

Wêreldpresident gee The Dome jawoord

Rolskaatshokkie
Andrew Poolman
Heike Dedig en Vikki de Jager - 'n Groot hoogtepunt vir die Namibiese yshokkie- en rolskaatshokkievereniging (NIIHA) is bereik toe die president van die wêreldbeheerliggaam van rolskaatshokkie, mnr. Gilbert Portier van France, die land onlangs besoek het.

Hy het onder meer op Swakopmund die fasiliteite vir rolskaatshokkie by The Dome besigtig. Hy is vergesel deur dr. Holger Mentzel (president van die NIIHA), me. Heike Dedig (sportbeampte van die NIIHA) en Dave Hammond van The Dome.

Portier het die wêreldklas sportvenue en geriewe van die binnenshuise sportsentrum geïnspekteer en soos verwag was hy besonder beïndruk. Hy het die kans gehad om 'n klompie jong Namibiese spelers van dwarsoor die land in aksie te sien by 'n oefenkamp wat aangebied is deur plaaslik gebaseerde afrigters wat hul ondervinding in Amerika opgedoen het.

Die Fransman was ook vol lof vir die besienswaardighede van Swakopmund en het die kusdorp as 'n toeristebestemming hoog aangeskryf.

Hy het sy volle steun verklaar vir Swakopmund om as die gasheerstad vir die heel eerste Afrika-beker rolskaatshokkiekampioenskap op te tree wat in die laaste week van Mei 2017 aangebied word. Die Namibiese federasie sal ook Swakopmund se aanbod indien dat die sport se 2018 Wêreldbekertoernooi hier gespeel kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!