Wêreldranglys: Moeilik om sake in Namibië te doen
Estelle de Bruyn - Namibië beklee die nommer 101 posisie uit 189 lande op die “maklik-om-sake-te-doen-ranglys” van die Wêreldbank se sakeverslag.
Rwanda is nommer 62 op die lys, Botswana 72 en Suid-Afrika 73.
Dit is onaanvaarbaar, volgens die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Immanuel Ngatjizeko.
“Daar is geen geldige rede waarom Namibië swakker as 100ste moet vaar nie,” het hy in die Nasionale Vergadering gesê.
In die kategorie van “begin besighede” is Namibië 164ste uit 189 lande en dit neem 66 dae om ’n onderneming te begin. Rwanda is 111de en in dié land neem dit gemiddeld vyf en ’n half dae om dieselfde te doen. Botwana, nommer 143 op die lys, neem 48 dae om ’n besigheid te begin en in Suid-Afrika, nommer 120 op die lys, neem dit 46 dae.
“Om besighede te begin, vereis meer as registrasie, maar registrasie is ’n belangrike deel van die proses. Gevolglik sal die vermindering van die dae wat dit neem om ’n besigheid te registreer, die aantal dae wat dit neem om ’n besigheid te begin, verminder en dit uiteindelik makliker maak om sake te doen,” het Ngatizeko gesê.
Hy wys daarop dat Rwanda, Botswana en Suid-Afrika versterkte, outonome kantore het wat hulle net op die registrasie van maatskappye toespits. “Dit is van belang omdat mededingende prioriteite maklik die registrasiefunksie oorskadu, wat by die ministerie berus.
“Ten einde die funksie die nodige aandag te gee, het die regering dit nodig geag om ’n kantoor op die been te bring om sakeprosedures en Namibië se mededingendheid te verbeter," het Ngatjizeko gesê.
Die funksie sal nou deur die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa) behartig word.
Kragtens die wetsontwerp om die owerheid tot stand te bring, sal Bipa die mandaat hê om die regsinstrumente wat te make het met die beskerming van intellektuele eiendom asook die registrasie van maatskappy en beslote korporasies, te administreer.
Ngatijizeko het deelnemers aan die debat oor die wetsontwerp gelyk gegee dat meer gedoen moet word om konvensionele intellektuele eiendomsregte soos handelsmerke, patente, nywerheidsontwerpe en kopiereg te beskerm. Terselfdertyd moet tradisionele kundigheid en volksoorleweringe ook beskerm word. Om hierdie rede is die ministerie besig met die formulering van ’n nasionale wet om tradisionele kundigheid te beskerm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie