Wêreldreisigers kies Namibië onder top-20
Francoise Steynberg
Namibië is wéér op 'n top-20-reislys.
Dié keer is die lys vir CNN Travel deur wêreldreisigers saamgestel. Die reiskundiges wissel van vlieëniers en fotograwe tot treinreisgers en toergidse wat die wêreld gesien het.
Hulle het hul gunstelingbestemmings gedeel wat hulle meen nie misgeloop mag word nie.
Lucy Jackson, medestigter en direkteur van Lightfoot Travel, beveel die Skedelkus aan.
“Ek stel voor, gaan na die Skedelkus in Namibië. Die afgeleë Namibwoestyn is wild, spookagtig en raak aan jou siel,” het Jackson gesê.
“Ek sal nooit die gesig vergeet van die Namibwoestyn se sandduine wat die see by die Atlantiese Oseaan ontmoet nie. Ek het in 'n Cessna-vliegtuig oor die Hoanibrivier gevlieg en dit was maklik om die kameelperde en olifante raak te sien.”
Jackson sê daarna het sy 'n drankie op die strand geniet waar die water teen haar voete geklots het en met 'n skeepswrak op die agtergrond.
Die ander bestemmings in die top-20 en wat om daar te doen, is: Die geïsoleerde eilande van Wayag in Indonesië; Egipte sonder die skares; bad in Tbilisi se Abanotubani-distrik in Georgië; sien die Noorderligte in Kanada; vind spinnekop-ape in Minas Gerais in Brasilië; sien dolfyne in die Komodo Nasionale Park in Indonesië; besoek ongerepte strande by Vilanculos in Mosambiek; ontdek die gletsers en staproetes in Groenland; leer branderplankry in Nosara in Costa Rica; ry die trein tussen Belgrado en Montenegro; ontdek iets wild by die Wilpattu Nasionale Park in Sri Lanka; ry fiets en proe aan sop in San Francisco in Amerika; verbeel jou jy is James Bond in Jamaika; ontdek 'n eko-oord in Kenia; sien babaskilpaaie by Blanchisseuse-strand in Trinidad; sien die sonsopkoms by 'n fluisterende vulkaan by Borobodu in sentrale Java in Indonesië; stap deur die berge van Indië; slaap onder die sterre in Kenia en gaan vir 'n vreedsame staptog by Victoria-piek in Hongkong.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie