Wu00eareldsewes vir studente vasgeknoop
Wu00eareldsewes vir studente vasgeknoop

Wêreldsewes vir studente vasgeknoop

Mans- en vrouespanne van dwarsoor die wêreld sal op die Namibiese kusdorp kom meeding.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Namibië sal volgende jaar vanaf 12 tot 14 Julie die agtste Wêreld Sewesrugbykampioenskap vir universiteite in Swakopmund aanbied.

Die Fédération Internationale du Sport Universitaire (Fisu), met sy hoofkantoor in Lausanne, Switserland, het dié week sy finale inspeksie in Swakopmund uitgevoer. Volgens mnr. Werner Jeffery, president van die Tersiêre Institute Sportvereniging van Namibië (Tisan), is alles in orde gevind en is die groen lig gegee.

Namibië is reeds in Desember 2015 voorlopig as die volgende gasheer aangewys, maar mnre. Paulo Ferreira, uitvoerende lid van Fisu, en Charles Wessels, senior bestuurder van sewesrugby by Fisu, kon eers vandeesweek die finale goedkeuring gee.

Volgens Jeffery was die besluitnemers ingenome wat hulle in Swakopmund gesien het.

“Hulle is opgewonde met wat ons kan aanbied; dit is gewis iets anders. Ons gaan hulle die ware Afrika laat ervaar. Die wedstryde sal by die Swakopmund-stadion gespeel word, terwyl spanne by die Tamariskia- en Vineta-velde sal oefen. Die openings- en afsluitingseremonie van die elite geleentheid word by The Dome gehou,” het hy ingenome vertel.

Jeffery sê ongeveer 16 mans- en 15 vrouespanne behoort aan die toernooi deel te neem.

“Ons verwag meer as 2 000 mense gaan die dorp ondersteun waar hulle aan avontuursporte soos duinery of valskermspring kan deelneem en voel hoe ’n woestynskip (kameel) skommel,” het Jeffery gesê.

Tisan was die enigste Afrika-span wat aan die laaste kompetisie in 2016 in Swansea deelgeneem het. Australië en Frankryk het onderskeidelik die mans- en vroue-afdeling ingepalm, terwyl Namibië die vyfde plek ingeneem het.

Die Namibiërs, onder afrigterskap van Les Bougard en met verskeie spelers wat intussen reeds op senior vlak deurgebreek het, het die Italiaanse span in die plaatafdeling met 20-0 geklop om dié prestasie te behaal. Hul vroeër wegholtelling van 55-5 teen Tsjeggië was die grootste punteverskil in die toernooi.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!