• Tuisblad
  • Sake
  • Wu kry N$20 miljoen afslag in grondtransaksie
Wu kry N$20 miljoen afslag in grondtransaksie
Wu kry N$20 miljoen afslag in grondtransaksie

Wu kry N$20 miljoen afslag in grondtransaksie

Die eiendomsmagnaat het toestemming verkry om 'n inkoopsentrum en woongebied te ontwikkel.
Kenya Kambowe
Kenya Kambowe



Die Chinees-gebore eiendomsmagnaat me. Stina Wu se maatskappy, Helmsman Group, het 'n reuse-afslag van meer as N$20 miljoen in 'n grondtransaksie gekry. Die maatskappy sal agt erwe van 83.1738 hektaar op Divundu in die Kavango-Oosstreek bekom om 'n inkoopsentrum en 'n woongebied te ontwikkel.

Helmsman Group sou aanvanklik N$29 110 820 vir die grond betaal wat teen die tarief van N$36 per vierkante meter aangebied is. Hulle sal egter slegs N$8 634 760 betaal nadat hul versoek vir 'n tariefverlaging deur die plaaslike owerheid goedgekeur is.

Die verwikkeling is deur mnr. Athanasius Maghumbo, uitvoerende beampte van die Divundu dorpsraad, bevestig. Hy het verduidelik dat die erwe nie ontwikkel is nie en dat die Helmsman Group die koste vir die ontwikkeling van die grond moet betaal.

Dit was om dié rede dat die afslag toegestaan is, het hy gesê.

“Die Helmsman Group het met die raad onderhandel oor 'n moontlike prysverlaging, met inagneming van die belegging wat gemaak moet word en moontlike positiewe opbrengste wat die raad kan ontvang.

“Die voordele sluit in bykomende munisipale infrastruktuur, onmiddellike en toekomstelike werkverskaffing, plaas­like ekonomiese ontwikkeling en die voorsiening van behuising, wat op die oomblik 'n groot uitdaging op Divundu is,” het Maghumbo gesê.

Volgens 'n advertensie wat in 'n plaaslike koerant gepubliseer is, verkoop die raad ook grond aan die ontwikkelaar Jian Wen Investment Namibia.



VERSKILLENDE TRANSAKSIES

Die dorpsraad het 1.5 hektaar dorpsgrond aangebied waarvoor die ontwikkelaar N$35 per vierkante meter vir die onontwikkelde grond sal betaal.

Volgens Maghumbo is die rede hiervoor dat toe Jian Wen die grond aangebied is vir N$35 per vierkante meter hy die versekering gegee het dat hulle die finansiële hulpbronne het om die grond sonder vertraging te kan koop.

Hy het gesê Jian Wen se voorstel sluit 'n fabriek vir die vervaardiging van meubels, 'n supermark, 'n besigheid wat buitebande verkoop en diens, 'n diensstasie en verskeie winkels in.



HERBELê

Volgens Maghumbo is Jian Wen se aansoek op 4 Maart 2020 ingehandig en die Helmsman Group s'n op 11 Mei. Verteenwoordigers van beide die ontwikkelaars het aanbiedinge aan die dorpsraad voorgelê oor hulle voorgestelde ontwikkelings.

Maghumbo het gesê die raad sal die geld wat uit die verkoop van die grond verdien word, herbelê in die verskaffing van noodsaaklike dienste.

“Indien die transaksies materialiseer, sal die raad die geld herbelê in die diens van grond, omdat die raad op die oomblik geen gedienste grond tot hul beskikking het nie en ook nie die fondse het om in nuwe munisipale infrastruktuur te belê nie.”



GEEN KOMMENTAAR

Pogings om kommentaar van Wu en haar Namibiese sakevennoot, mnr. Chris Shivolo, te kry, is sedert verlede week vrugteloos.

Teksboodskappe en vrae oor wat die planne met die grond is, hoe die ontwikkeling die gemeenskap sal baat en of Covid-19 'n uitwerking op hul planne het, is nie beantwoord nie.

Daar is ook gevra of Wu soortgelyke planne op ander dorpe in gedagte het.

Wu het later geantwoord en gevra dat die vrae per e-pos aangestuur word. Teen druktyd is steeds geen antwoorde ontvang nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!