Wydverspreide reën kom op Oujaar
Wydverspreide donderbuie word vir die laaste dag van 2020 in die noordelike streke, die Otjozondjupa-, Omaheke-, Khomas- en Hardapstreek plek-plek voorspel waar kitsvloede tot die naweek kan voorkom.
Die weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik en maan dat die nodige voorsorgmaatreëls getref moet word.
Laat vanmiddag het swaar donderbuie in en om die hoofstad uitgesak met 30 mm wat in 20 minute in Erospark geval het.
Die voorspelling vir die binneland vir môre is gedeeltelik bewolk en baie warm in die Suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met geïsoleerde tot verspreide donderbuie. Wydverspreide donderbuie word plek-plek in die noordelike streke, die Otjozondjupa-, Omaheke-, Khomas- en Hardapstreek verwag.
By die kus sal dit gedeeltelik bewolk en koel wees met miskolle in die oggend.
LandWater het op sy Facdebook-blad by die satellietfoto van 15:00 geskryf die sikloon Chalane “lê al oor Zimbabwe, met ons tropiese vogkanaal én reëndiagonaal wat mooi vanaf Suid-Afrika deur Namibië krul, met 'n paar mooi donderstormselle wat al styg”.
Foto: Op die Elisenheim-landgoed noord van Windhoek het dit laat vanmiddag gesous. Foto Francoise Steynberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie