Wyle komm. Kobus Meyer ter ruste gelê
Afgetrede polisiekommissaris Jasper Adriaan Jacobus (Kobus) Meyer is vanmiddag in die Pionierspark-begraafplaas in Windhoek ter ruste gelê.
Hy het verlede Woensdag in die vroeë oggendure by sy huis in Windhoek gesterf.
Meyer het by die Namibiese polisie (Nampol) in 1990 aangesluit en by verskeie polisiekantore gewerk, naamlik by Buitepos vanaf 1991 tot Desember 1995 en op Oshakati vanaf 1995 tot April 2006. In Mei 2006 is hy as die streekskommissaris van die Hardapstreek aangewys, 'n posisie wat hy tot in Oktober 2015 beklee het. Daarna het hy in die kantoor van die inspekteur-generaal gewerk tot en met sy vroeë aftrede op 30 April 2016.
Meyer word deur sy vrou, hoofinsp. Victoria Meyer, en dogter, me. Ellanie Meyer, oorleef.
Foto's Nampol

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie